R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Wat aanvanklik bedoel was om ‘n rustige viering van haar 70ste verjaardag te wees, het vir Anita Botha van De Kelders omgeswaai na ‘n pragtige funksie wat Donderdag, 26 Januarie 2017 in die Birkenhead Boothengelklub se saal gehou is.
Anita het Maandag, 23 Januarie 2017 haar 70ste mylpaal bereik en haar jarelange vriendinne het voet by stuk gehou: “Daar sal ‘n behoorlike funksie gereël word!”
Hul argument was dat Anita oor ‘n tydperk van sowat 12 jaar altyd bereid was om almal te help - van saalversiering en koekies bak tot by die voorbereiding van etes, hulpverlening met persoonlike funksies en selfs munisipale expo’s.
Van dié expo’s gepraat: Kat Myburgh van Gansbaai munisipaliteit, wat saam met sy eggenote, Mariaan ook teenwoordig was, maak gereeld die opmerking: “Ai Anita, jy mag nie nee sê nie, maar daar is alweer ‘n munisipale expo in Hermanus wat jy vir my moet doen!”
Nooit het iemand die woorde, “nee, ek het nie tyd nie”, uit haar mond gehoor nie.
Haar vriendinne het saamgestaan en haar bederf met ‘n behoorlike feestelikheid. Gaste is getrakteer op ‘n smaaklike osstertbredie en bykosse, met heerlike nagereg. Niks is agterweé gelaat nie en alles was ‘n geskenk aan hierdie formidabele vrou wat al so baie opgeoffer het vir haar gemeenskap.
Amanda le Roux en Marie Reid het aan die stuur van sake gestaan en al wat hulle vir Anita gelaat het om te doen – bloot omdat dit haar liefde is – was om haar eie saal te versier vir haar verjaardagfees.
Selfs die klub se kroegman, Ralph Gibbs, het sy dienste as ‘n “geskenk” aan Anita gegee.
Anita se seun van Pretoria het onder andere die saal se huur as ‘n geskenk vir die groot aand gegee.
Wat die aand vir die verjaardagvrou nog meer kosbaar gemaak het, was dat Raymond Rabe sy Musiekfabriek as verjaardaggeskenk bedryf het. Raymond is die Birkenhead Boothengelklub se voormalige “Man agter die Musiekfabriek”.
Dit was Raymond se eerste openbare optrede nadat hy albei sy bene en van sy vingers ná ‘n lang siekbed verloor het weens ‘n virus-infeksie.
Anita se vriende het teruggegee wat sy oor jare uitgedeel het: respek, liefde, ondersteuning en drukkies. Anita sal op 7 Julie vanjaar 43 jaar met die “oom van die koerant”, Hardus Botha van Gansbaai Courant getroud wees.
Die egpaar spog met ‘n seun, Willem en skoondogter, Marelize in Pretoria en is baie trots op hulle drie kleinkinders, Abigail (10), Simeon (8) en Clarabell (6). Hulle het ook ‘n aangenome seun wat al 35 jaar lank deel is van hulle familie, nl Etienne le Roux en sy eggenote, Alta. Die egpaar se dogter, Alice (19) is Har-dus en Anita se kleindogter waaroor onlangs in die Gansbaai Courant berig is. Sy presteer uitstekend as ‘n professionele ballerina.
Anita se verjaardaguitnodiging het gelui: “Niemand moet geskenke koop nie. Op 70 en ná 43 jaar se getroude lewe weet niemand wat om te koop nie.” Sy het versoek dat vrywillige donasies ten bate van BARC in ‘n houer gegooi moet word.
‘n Stewige bedrag van R2300.00 is ingesamel, wat vir groot vreugde en dankbaarheid by Annalie Jonker van die liefdadigheidsdiere-organisasie gesorg het.
“Ons groot behoefte tans is om ons bakkie, wat nou gereelde herstelwerk benodig, te vervang,” het Annalie gesê. Vir enige finansiële hulp in hierdie verband kan Barmhartige Samaritane vir Annalie skakel by 082 826 0631.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.