R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Man vanaf Walvisbaai, Namibië, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word alvorens familie hom nie uitgeken het nie, het Woensdagaand, 1 Februarie 2017 in Gansbaai hawe verdrink.
Hy was saam met ander Namibiërs in Gansbaai om aan bote te werk.
Die groepie het na bewering ná werk “te diep in die bottel gekyk”, wat later die aand tot die man se dood gelei het.
Hy het, voordat sy vriende die kroeg verlaat het, op sy eie na die betrokke boot gestap. Sy vriende het later gevolg.
By die boot aangekom, was hulle verbaas dat hy nie reeds daar is nie.
By nadere ondersoek het hulle sy plakkies in die water sien dryf en Gansbaai SAPD gekontak. Die man is as vermis aangegee en die speurders het ‘n duikspan ontbied wat Donderdag, 2 Februarie 2017 na die liggaam begin soek het.
Die oorledene se liggaam is onder die boot gekry waar hy vermoedelik vasgesit het nadat hy in die water geval het.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.