R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die inbraaksyfer in Gansbaai het geweldig afgeneem. “Dit is te danke aan die paraatheid van inwoners”, sê Bryan Chambers bestuurder van Secma International Security in Gansbaai.
Bryan vertel dat daar slegs sowat 3 fisiese inbrake in die groter Gansbaai plaasgevind het in Januarie vanjaar.
Hy sê dat 90% van diefstal plaasvind wanneer mense gaan slaap en vergeet om motorhuisdeure toe te maak, toerusting buite laat lê of deure te sluit.
‘n Groot probleem is ook dat mense in die boonste vertrekke van hulle huise kuier en nalaat om die deure onder toe te maak of te sluit, of hulle kuier almal saam in ‘n vertrek, maar los die buitedeure oop.
Volgens Bryan lewer die buurtwag- en whatsapp-groepe ‘n groot bydrae om skelms uit woonbuurtes te hou.
Secma International Security se Gansbaai-tak het onlangs nóg ‘n reaksie-voertuig by hulle vloot gevoeg, om hul reaksietyd te verhoog, asook om misdadigers af te skrik met hul voortdurende sigbaarheid.
Kleinbaai, Danger Point, Romansbaai en Klipfonteyn I en II word deur die nuwe voertuig gepatrolleer en Franskraal, Uilkraal en die plase tussenin, deur ‘n ander voertuig.
Secma het ook ‘n voertuig in Pearly Beach en nog een wat vanaf De Kelders, dorp se kant toe, patrolleer.
Bryan sê dat hoewel hulle kliënte hulle eerste prioriteit is, kan enigiemand hulle 24-uur beheerkamer skakel om misdaad aan te meld.
Secma International Security is daar om sy gemeenskap te dien.
‘n Belangrike wenk van Bryan aan inwoners is: Hou jou motorsleutels saans veilig in ‘n laai of kas weggebêre en nie op jou bedkassie nie.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.