R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Albertus Nel Botha, beter bekend as Bertus, is Maandag, 30 Januarie 2017 op die ouderdom van 76 jaar en 9 maande oorlede, sowat 5 maande nadat hy finaal afgetree het.
Ds Dirk van Dyk het Saterdag, 4 Februarie 2017, die roudiens vanuit die NG-gemeente, Gansbaai, waargeneem.
Bertus is op 3 Mei 1940 in Calvinia gebore, waar hy die oudste van 6 kinders was en waar hy ook grootgeword het.
Sowat 18 jaar gelede, op 24 Julie 1999, lui die huweliksklokkies vir hom en Suna – vir elkeen van hulle ‘n tweede huwelik. Die heuglike seremonie het in Gansbaai plaasgevind.
Bertus spog met 3 dogters en ‘n seun: Mariana Cox met 3 kinders; Alta Kapp met 3 kinders en 4 kleinkinders; Sandra Potgieter met 2 kinders; Arno Botha met 1 kind.
Suna het 1 dogter en 1 seun: Cormaré Bloemerus met 2 kinders; Wessels van Deventer met 2 kinders. Dus was Bertus pa van 6, oupa van 13 en oupagrootjie van 4 - ‘n groot gesin met hegte onderlinge gesinsbande.
Bertus het as ‘n werkholis in die boubedryf bekend gestaan. Sy persoonlike spreekwoord was altyd: “’n Mens het nie geleerdheid nodig om te werk as jy wil werk nie!”
Hy was genoodsaak om reeds as 16-jarige seun met sy beroepslewe te begin en het aanhou werk tot September 2016 - ‘n beroepslewe van 60 jaar.
“En as hy nie so geweldig met sy voet gesukkel het nie, het hy steeds aangehou met werk!” vertel Suna.
Aanvanklik het Bertus vragmotor bestuur en daarna het hy as ‘n opgeleide brandweerman gewerk. Hy begin sy beroepslewe in die boubedryf by WJM Konstruksie, waar hy gewerk het tot en met sy eerste aftrede by die maatskappy in 1996.
Van aftrede was daar egter nie sprake nie. In 1998, slegs 2 jaar ná sy “aftrede,” begin Bertus sy eie besigheid, Overberg Smallworks, wat hy vir die daaropvolgende 20 jaar vanuit Kleinbaai op sy eie bedryf het.
Sedertdien het hy algemeen as ‘n verantwoordelike en knap bouer in die omgewing bekend gestaan.
“Daar staan bakens van my pa se werk en bouwerk vanaf Kaapstad tot in Kleinbaai!” het sy dogter, Marianna gesê.
Al was hy ‘n bouer, was sy groot liefde houtwerk en wanneer die geleentheid daar was, het hy tyd daaraan spandeer. Hy het onder andere al die kombuiskaste in hulle huis in Kleinbaai self gemaak en geïnstalleer.
Bertus laat sy eggenote, Suna, 6 kinders, 13 kleinkinders en 4 agterkleinkinders na.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.