R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Misdaad in die Groter Gansbaai is steeds drasties aan die toeneem, ondanks suksesse met arrestasies deur Gansbaai SAPD. Hierdie situasie raak alle gemeenskapslede.
Die inisiatief vir ‘n stigtingsvergadering vir ‘n Groter Gansbaai Buurtwag, in samewerking met die Burgerregte organisasie, AfriForum, is allerweë as welkome nuus ontvang.
Die bedryf van enige buurtwag verg hoë kostes, veral ten opsigte van duursame toerusting. Op die vraag: “Waarom in samewerking met AfriForum?”, kan onder andere die volgende voordele in aanmerking geneem word: AfriForum het 'n nasionale beeld en reputasie met duisende patrollielede wat landwyd help om misdaad te bekamp; Plaaslike takke hanteer geen finansies nie, aangesien alle finansiële behoeftes deur die streek hanteer word en deur Afri-Forum se hoofkantoor betaal word, wat enige vorm van moontlike wanaanwending van fondse uitskakel; Sodra daar genoeg lede is, kan 'n plaaslike beheerkamer in Gansbaai gevestig word vir optimale beheer - gratis; Basiese toerusting soos radio's, flitse, glimbaadjies, deurmagnete en borde op strategiese plekke is ‘n verdere gratis diens; Vermindering in voertuig-opsporingssisteme; Risiko beskerming vir alle patrollie-lede.
Stigtingsvergadering
Marc Collings dien as voorsitter van die Gansbaai Groter Buurtwag en sal ook tydens die komende stigtingsvergadering die voorsitterstoel inneem.
Die stigtingsvergadering word Saterdag, 18 Februarie 2017 om 10:00 in die Pretoriussaal gehou. Alle gemeenskapslede vanuit die Groter Gansbaai sal welkom wees om hulself te kom vergewis van waaroor dit gaan, wat die volle voordele daarvan sal wees en hoe die Groter Gansbaai Buurtwag sal funksioneer.
Op die nippertjie-na navrae kan aan Marc Collings by 074 465 1058 gerig word.
AfriForum lidmaatskap
Lidmaatskap as gewone lede van AfriForum, wat ‘n nie-winsgewende organisasie is, hou vele voordele in.
Enkele voordele is korting by verskeie vakansie-oorde en wildsplase, versekeringsopsies, korting op die Ctrac Voertuigopsporingstelsel, 911 Nooddiens, ‘n Kwartaallikse Tydskrif en Nuusbrief, beloningsprogramme, gratis GPS Toepassing en ander voordele.
AfriForum se webtuiste in hierdie verband is: www.afriforum/ledevoordele
Wie is AfriForum?
AfriForum is ʼn nie-regeringsorganisasie, geregistreer as ʼn Maatskappy sonder winsoogmerk, met die doel om minderhede se regte te beskerm.
Lidmaatskap is nie eksklusief nie en enige persoon wat hom met die inhoud van AfriForum se Burgerregtemanifes assosieer, kan aansluit.
Aangesien AfriForum ʼn nie-regeringsorganisasie is wat pertinente klem op sy selfstandigheid plaas, ontvang die organisasie geen finansiering vanaf die Suid-Afrikaanse regering nie.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.