R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Middeljarige weduwee van De Kelders is erg getraumatiseer nadat daar by haar huis ingebreek is.
Mev Margaret McDonnald het die oggendure van 22 Februarie 2017 omstreeks 01:30 wakker geskrik toe drie mans haar slaapkamer binnekom.
Een het op haar bene gaan sit, een op haar rug en die ander een het haar mond toegedruk toe sy begin skree.
Die inbreker het haar gewaarsku dat hy haar keel sal afsny as sy nie stil bly nie.
Om te bewys dat die mes skerp is, het hy haar agter in haar nek gesny.
Een van die mans het al haar kussingslope afgetrek en in repe geskeur. Hulle het haar enkels en gewrigte daarmee vasgemaak en van die lap in haar mond gedruk.
Daarna het hulle ‘n kussingsloop oor haar kop getrek voordat hulle die kamerlig aangesit het.
Daarna is hulle van kamer tot kamer, waartydens hulle alles uit die kaste gegooi het.
Hulle het op die kluis se sleutel afgekom en die kluis gestroop van wapens en al haar juwele.
Mev McDonnald is baie hartseer oor die sentimentele waarde van die kosbaarhede wat die diewe buit gemaak het. Nie alleen het hulle haar man se 25-jaar dienshorlosie gesteel nie, maar ook ‘n goue armband met gelukbringers (charms) wat oor jare versamel is tydens haar en haar man se reise oorsee.
Nadat die rowers die huis geplunder het, het hulle teruggekeer na haar slaapkamer en haar in haar duvet toegerol.
Asof dit nie genoeg was nie, het hulle die duvet boonop met die gordynwegbinders vasgeknoop.
Met die spaarkamer se duvet wat hulle in repe geskeur het, het hulle lang repe gevorm, dit onder die matras deur getrek en haar verder vasgeknoop.
Daarna het alles stil geword in die huis en Mev Mc-Donald het daarin geslaag om haarself teen omstreeks 03:00 los te wikkel.
Sy het haar buurvrou wakker gemaak en die polisie is ontbied.
Die skelms het weggekom met TV-stelle, selfone, ‘n iPad, rekenaarskerm en digitale fotoraam. Hulle het toegang verkry deur ‘n klein venstertjie, waarvan hulle die glas verwyder het.
Mev McDonnald waarsku dat hulle eerste onder kussings en matrasse soek om te kyk of waardevolle items daar weggesteek word.
Die polisie ondersoek die saak.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.