R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Jong pa is verlede Dinsdag, 21 Februarie 2017 in die strate van Blompark afgemaai, terwyl sy vriendin saam met wie hy woon, by ‘n kerkfunksie was.
Die slagoffer was die 28-jarige Heinrich Saayman wat volgens sy vriendin vroeër betrokke was by dwelmsmokkelary, maar volgens haar hom die afgelope tyd daarvan weerhou het.
Die slagoffer se vriendin, Abrien Fortuin, het die Gansbaai Courant met die paartjie se 6 maande oue baba besoek om haar storie te vertel.
Sy sê sy was saam met haar ma en suster op pad terug van die Lewende Wese Kerk af ná die kerkbediening.
Sy het eers na haar ma se huis in Roosstraat gestap om ‘n hoenderpastei wat haar ma vir hulle gebak het te gaan haal.
Daarna is sy na die woonwa waarin sy, haar vriend en hul 6 maande oue seuntjie woon. Haar vriend het vroeër die aand tuis gebly toe Abrien en hul seuntjie kerk toe is.
Die woonwa was egter gesluit met haar terugkeer. Dit was vir haar vreemd, want Heinrich was reeds in die bed toe sy daar weg is.
Sy het by Frans Nobles, wat in die huis op die erf bly gaan uitvind of hy iets van Heinrich weet.
Hy het na bewering gesê dat Heinrich saam met ‘n vriend van hom daar weg is.
Dit was vreemd vir Abrien, aangesien die vriend by hulle verby is toe sy en haar familielede van die kerk af gestap het.
Sy vertel dat sy baie onrustig was.
Anne Nobles, ‘n kennis van Abrien, het kort daarna in die straat afgehardloop gekom en geskree “Aunt Sussie, Aunt Sussie, Heinrich is geskiet. Hy lê dood!”
Abrien het terug gehardloop na haar ma se huis, vanwaar haar suster, Henriëtte September, saam met haar na die gewraakte toneel is.
Daar was reeds ‘n skare mense en pastoor Berold Fick en sy vrou het Abrien en haar suster teruggestuur na haar ma se huis.
Teen 22:30 is hulle terug na die toneel waar die polisie en ambulansdienste steeds besig was.
Volgens ooggetuies is ‘n onbekende donkerkleurige Golf-motor naby die toneel opgemerk en het twee onbekende mans oor ‘n heining gespring kort na die skietery.
Abrien sê voorts die aanvallers het seker gemaak dat Heinrich dood is. “Daar is drie skote deur sy bors, een deur sy arm en vier skote in sy rug,” vertel sy.
Die slagoffer is op sy oudste dogter se negende verjaardag dood.
Hy laat sy dogter Gaenor Windvogel (9) en ‘n 6 maande oue seuntjie, Hanro Fortuin, na. Hy het ook na Abrien se oudste seun Anino Fortuin (9) omgesien.
Sy ouers is Hendrik en Nellie Jansen van die plaas Merino, in die Bredasdorp-distrik.
Die begrafnisdiens vind Saterdag, 4 Maart 2017 om 10:00 vanuit die VGK-saal in Blompark plaas.
‘n Baie kalm Abrien vertel dat hulle op 4 Maart vier jaar in ‘n verhouding sou wees.
Volgens haar wil dit voor-kom asof die voorval dwelmverwant is. Sy het aan die Gansbaai Courant gesê dat die “vriend” die volgende oggend omstreeks 03:00 ge-arresteer is, maar weer Vrydagoggend vrygelaat is.
Verskeie inwoners met wie die Gansbaai Courant gepraat het, sê hulle leef in vrees vir die bendebedrywighede in hulle woonbuurt.
‘n Vrou, wat nie haar naam genoem wil hê nie, vertel van haar vriendin en dié se vriend, wat Maandagaand, 27 Februarie, na werk gehoor het hoe wapens oorgehaal word in die bosse naby die Great White Junction-sentrum waarlangs hulle huis toe gestap het. Hulle en nóg ander voetgangers het hulle vinnig uit die voete gemaak
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.