R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nou die dag is daar ‘n klop aan die deur en J P stel homself bekend. Het geboer op Swellendam en het nou in De Kelders kom aftree. Boonop ’n splinternuwe rubberboot laat bou, met ‘n 15 pk. 4-slag-enjin en iemand het hom aanbeveel om met my te kom praat. Hy wil graag boothengel doen, sê hy, en weet nie genoeg van die see nie. Hy het darem al twee keer op sy eie probeer, maar het deurmekaar geraak met die kontrole van die enjin met die gevolg dat hy regs beweeg in plaas van links, en andersom, en dan is daar nog ‘n “reverse” en “neutral” ook, almal op die stuurhefboom. Bowendien hom lam geskrik toe ‘n paar swellings kom vriende maak. Ons praat baie lekker en ek nooi hom die volgende dag saam, op my boot. Die vis byt nie lekker nie en J P probeer hard, met nie veel sukses nie. Maar hy is gretig om te leer en met ‘n aanpassing of twee gaan dit reeds beter.
Die volgende dag wy ons sy bootjie in. J P hou my dop terwyl ek skipper en hom die gate wys.
Ek vind die kombinasie van boot en motor ideaal vir hierdie omstandighede en ons vang op die koop toe ook ‘n paar vissies. Dis wel ‘n vreemde stelsel, ook vir my, en ek maak self ‘n onverwagse draai of twee. Net buite Gansbaai-hawe gooi ons vir ‘n laaste keer anker en besluit dan om klaar te maak en terug te keer. J P neem oor. Ek gee “orders” van voor in die boot. Eintlik heel onnodig. Hy leer gou en doen baie goed. Ons vorder tot baie na aan die vasmeerplek en skielik vlieg ons vorentoe!! Dan ewe skielik agtertoe en so nou en dan links en dan weer regs. Ek praat kalmerend. J P mompel so tussen-in en kom dan tot stilstand. Na ‘n harde asemhaling of twee kry hy sy dinge agtermekaar en ons beland veilig teen die kaai en plaas die boot (jammer, dié het nog nie ‘n naam nie) veilig op die sleepwa.
Hierdie man is reeds lief vir die see en gaan nog baie visse vang. Welkom, J P en vroutjie, Carina.
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.