R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die bekende en veelsydige aktrise, Lindie Stander, het haarself verlede Saterdag (4 Maart) as formidabele gasspreker bewys.
Die spesiale en keurige geleentheid is deur die De Kelders Vrouediens onder leiding van Adele Swart in die Pretoriussaal gereël.
Lindie het tydens haar bykans twee uur lange praatjie, vertel dat haar optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.
Gansbaai se musiekonderwyser, Pieter van der Merwe het twee van sy begaafde musiekstudente ingespan om vooraf vir luisterryke optredes te sorg. Dit was maar die tweede geleentheid waar Tiaan Boshoff voor ‘n gehoor optree. Hy het uitmuntende sang gelewer met die sing van Jerusalem.
Zulene van Niekerk, al byna ‘n “ou” hand agter die klavier, het L’Ocean gespeel. Altwee het aanhoudende applous vir hul optredes ontvang.
Pieter, ‘n gekwalifiseerde musiekonderwyser in klavier, kitaar en sang, se klavierspel van “Jesus min my salig lot” het groot byval onder die gehoor gevind. Pieter is ook die hoofeksaminator van ALMSA, voorheen bekend as die Akademie vir Ligte Musiek Suid-Afrika, maar deesdae bekend as Kontemporêre-, Jazz- en Gospelmusiek Suid-Afrika, alhoewel die afkorting ALMSA behoue gebly het.
Lindie praat oor haar lewe
Lindie vertel dat haar optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.
Sy het aanvanklik eers die wêreld gaan verken, onder andere as vrywilliger op ‘n kibutz in Israel.
Op haar reis na sukses en as een van Suid-Afrika se geliefde aktrises, moes Lindie egter eers vele struikelblokke, veral in haar persoonlike lewe oorkom.
Sy het “blatant” eerlik na haar lewe vóór haar bekering, sowat vyf jaar gelede, verwys. ‘n Traumatiese ervaring as ‘n vyfjarige dogtertjie, was dat sy haar pa se selfdood aanskou het.
Roem op verkeerde wyse
Lindie het vertel hoe sy roem op die verkeerde wyse nagestreef het, met verkeerde mense deurmekaar geraak het en dat selfs dwelms ‘n groot rol in haar lewe gespeel het. Met haar vegtersinstink het sy na perfeksie in alles wat sy aangepak het gestreef, maar op die verkeerde manier en met verkeerde bedoelings.
Lindie het in ‘n rehabilitasiesentrum beland, waar sy sowat vyf jaar gelede tot bekering gekom het en sy sê dat sy nog nooit weer teruggekyk het nie.
Sy het besef dat sukses en roem nie lewensgeluk bied soos wat sy aanvanklik gedink het nie.
Ondanks haar verlede, is Lindie vandag ‘n begaafde en veelsydige aktrise. Sy het haar honeursgraad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch in 1998 verwerf. In 1995 was sy een van ses studente wat gekeur is om die gesogte B-Drama te studeer.
Tydens haar jare op universiteit het sy haar eerste solo-vertoning geskryf en dit op enige beskikbare platvorm opgevoer, waarna vele “Eenvrou”-vertonings by kunstefeeste gevolg het.
Sy het al haar tekste self geskryf en is gou as ‘n pioneer in die Afrikaanse komedie beskou.
Lindie het ook televisie-uitdagings aanvaar – eers as aanbieder van die joernaalprogram, Kwêla en na 2 jaar die gewilde “Elsie” in die sepie, Binnelanders.
Daarvoor het sy ‘n ATKV-mediaveertjie vir die Beste Aktrise ontvang.
Gansbaaiers gaan nog lank oor die heerlike oggend saam met De Kelders se Vrouediens gesels.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.