R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Manuel Escorcio het geen bekendstelling nodig nie - met 40 jaar in die sangbedryf, 5.400 vertonings wat hy gelewer het en 53 cds wat opgeneem is, is hy ‘n ‘legende’.
Soos deur al die jare, oorrompel Manuel steeds sy gehore met ingebore sjarme en opregtheid.
Die suiwer sopraan, Belia Lourens, deel die verhoog met hom in ‘n splinternuwe konsep, ‘Sy en Satyn’.
Net in 2015 en 2016 het hulle reeds 100 plus ‘Sy en Satyn’ solo- en duette konserte aangebied.
Die gewildheid van ‘Sy en Satyn’ is besig om ‘n stewige staanplek in die harte van Suid-Afrikaners te vind.
Belia Lourens is geen onbekende in die musiekbedryf nie. Haar vorige albums Kom dans Klaradyn, Die Tsotsi-Evangelie en Stroes-love het goeie resensies en benoemings ingeryg.
Haar nuutste album, Die Kroon, is eersdaags op die rakke en spog met 2 prag-duette van hierdie sangpaar.
Escorcio se konserte word steeds gekenmerk aan sy spontane persoonlikheid en goue-stem, terwyl Belia se lig-klassieke aanslag gemaklik hierby inskakel.
Bo en behalwe immergewilde solo’s, word ‘n duette vertoning met gistergunste-linge in ‘n verrassingspakket aangebied. Met sy fluweel-stem en die suiwer sopraan, Belia Lourens is ‘Sy en Satyn’ ‘n suksesverhaal.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.