R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Haar karakters kom na haar toe, gee hulself name – soms teen haar sin - en word ‘mens’ op haar rekenaarskerm.
Hulle het selfs geboortedatums en sy loer soms na hul karaktertrekke volgens hulle sterretekens en wat die betekenis van hul name is.
Stanford se bekroonde skrywer, Chanette Paul, lééf die stories wat sy skryf en het ‘n stukkie van haar lewe Dinsdagoggend met Gansbaai Leeskring gedeel.
Chanette het reeds 42 boeke en ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels vir tydskrifte die lig laat sien.
Haar navorsing is deeglik en soos wat Annemarie du Plessis, voorsitter van die leeskring, in ligte luim opgemerk het ‘moes hierdie skrywer al stokoud gewees het om alles te kon doen wat sy al vermag het.’
Die lang blonde vrou praat kalm oor haar boeke, haar karakters en haar storielyne. Sy sonder haarself af wanneer sy aan ‘n boek werk in haar Suiderstrand-huis, weg van die daaglikse bestaan.
Haar stories is ingewikkeld en verwikkel en verg konsentrasie. Dit speel hoofsaaklik in haar selfgeskepte dorpies langs die Overstrand af.
Tydens haar 14 ure lange werksdag, is sy nie net besig om romantiese speurverhale die lig te laat sien nie, maar beywer haar ook vir die bevordering van Afrikaans, doen manuskripontwikkeling en werkswinkels vir LAPA Uitgewers.
Chanette sê hoewel sy hoofsaaklik skryf om te vermaak, handel die meeste van haar boeke oor vrouens wat in moeilike situasies beland en sterker aan die anderkant uitkom.
Chanette het pas terug gekeer van die Woordfees op Stellenbosch waar sy opgetree het. Na haar optrede by Aardklop later vanjaar, reis sy na België vir die vrystelling van haar nuutste roman in Nederlands, ‘Offerlam’.
Dat Chanette Paul ‘n groot aanhang in Gansbaai het, is gewis. Sowat 30 belangstellendes het die leeskring-oggend bygewoon en die skrywer behoorlik gepeper met allerlei interessante vrae oor haar werk.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.