R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ek sal altyd wil skryf oor die genot van boothengel, maar daar is tog ander aspekte wat baie belangrik is en wat ek graag wil behandel.
Indien jou boot nuut is of dalk in ‘n baie goeie toestand sal jy heel moontlik dink dat die volgende jou nie sal aangaan nie, maar lees gerus hier en besluit dan. Die heel eerste item is oortollige water wat in die boot beland. Die wat op die dek beland dreineer gewoonlik by die uitloopmeganismes aan die agterkant van die boot. Die groot probleem is egter indien daar lekplekke op die dek, of dalk elders is en die water gevolglik lek na die binnekant van die boot -- dis nou na die onderkant van die dek. Hierdie water is gewoonlik nie sigbaar nie en die hoeveelheid daarvan kan ongemerk gevaarlik ophoop. Die “waterwell” is ‘n ander moontlikheid van lekkasie. Soos met my die geval was is bedrading en pype daardeur herlei. Die gate was nie verseël nie en baie water het deur hierdie proses na onder die dek gelek. Gelukkig het ek dit later (amper te laat) agtergekom en kon my terughaas na die hawe. Ook net betyds. Om jou proppe op see uit te trek om die onderdekwater te dreineer is nie juis ‘n goeie opsie nie en kan selfs gevaarlik wees. Al wat wel sal help in hierdie geval is om ‘n “bilge pump” aan te bring en dit nou en dan aan te skakel om die situasie te monitor. Onthou egter hierdie pomp werk ook met ‘n battery. Maar laat ons nou nie te skepties raak nie!
Nog steeds met die waterprobleem. Byvoorbeeld wanneer die ankertou vassit aan die “prop” en aangesien die agterkant van die boot gevaarlik laag sak, baie water die boot instroom. Jou eerste reaksie sal sekerlik wees om die ankertou af te sny en dan die motors aan die gang te kry en die boot se neus so gou moontlik te lig om die dreineringsproses te begin. Fout! Jy moet juis versigtig na vore beweeg anders sak die agterkant nog vinniger en nog meer water stroom na binne. Dit veroorsaak groot probleme, soos ‘n maat van my kan getuig. Net omdat jy geen water sien uitkom wanneer jy jou dreineringsproppe, met jou terugkeerslag by die hawe gewaar nie, beteken nie noodwendig dat jou boot nie lek nie of dit is dalk te wyte aan ‘n ander probleem. Al ooit daaraan gedink dat jou pype wat die water moet herlei, verstop is? Dis die moeite werd om seker te maak.
Jou GPS. Hieroor het ek al baie geskryf en gaan dit weer doen. Joune werk mos goed, waarom sal jy bekommerd wees! Wat kan verkeerd loop? Dink bietjie. Die battery kan ingee. Die smeltdraadjie (fuse) is dalk geblaas. Enige slegte konneksie kan ‘n probleem wees. Die stel self. En ‘n boel ander faktore. Wees net bedag daarop. Dis egter iets wat jy op die boot móét hê, dit spreek vanself. ‘n Tweede stel (dalk ‘n toepaslike selfoon?) wat byderhand gehou kan word behoort die antwoord te wees. Weer eens, dink bietjie.
Ek sal op ‘n later stadium graag meer oor hierdie moontlikhede wil skryf, spasie is die probleem.
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.