R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Man in straat geskiet
Die liggaam van ‘n vermeende perlemoenstroper is Maandag, 20 Maart, in Londonstraat, Eluxolweni, ‘n informele nedersetting langs Pearly Beach, deur gemeenskapslede gevind.
‘n Span van Gansbaai SAPD het hulle na die toneel gehaas.
Lede van die gemeenskap het bevestig dat hulle skote gehoor het, waarna hulle die liggaam in die straat gevind het.
Die oorledene is as Wayne Cloete (36) geïdentifiseer.
Hy is vier keer geskiet - vermoedelik met ‘n handwapen, en is op die toneel dood verklaar. Sp.Konst R Pieterse hanteer die saak. Enigiemand met inligting wat verband hou met die saak kan haar skakel by 028 384 0201.
Gewapende roof
‘n Poging tot gewapende roof op Menseregtedag, 21 Maart by die Sea Star Lodge-gastehuis in De Kelders, is gefnuik.
Volgens Mark Collings, sameroeper van die Groter Gansbaai Buurtwag het drie tot vier persone toegang tot die huis verkry. Een van die gastehuisbestuurders het op hulle afgekom en gegil. Haar verloofde het haar te hulp gesnel, waarna die mans op vlug geslaan het.
Enigiemand wat die polisie in die verband kan help met inlligting, kan Adj.Offisier Grové skakel by tel 028-384-0201.
Inbrake
Verskeie gevalle van inbrake is gedurende die afgelope naweek aangemeld. Daar was onder andere gevalle van huisbrake en motor-inbrake in Pearly Beach, Gansbaai, Perlemoenbaai en De Kelders.
Motorinbraak: Riaan Senekal van Andrewstraat in Gansbaai, se motordeur is Woensdagnag, 22 Maart met ‘n ystervoorwerp oopgebreek. Die motorradio, luidsprekers, kontant en los artikels is gesteel. Die motor was voor Riaan se slaapkamervenster geparkeer.
Die booswigte het daarna hul aandag na die huis verskuif en ‘n selfoon en krultang deur ‘n klein venstertjie van ‘n slaapkamer gesteel.
Die skade, sonder die koste van die motordeur, beloop sowat R5 000.
De Villiersstraat: ‘n Vrou wat haarself snags in haar kamer toesluit uit vrees vir inbrake, moes tot haar skok die volgende oggend sien dat daar in haar huis ingebreek is. TV-stelle en ‘n skootrekenaar word vermis.
Perlemoenbaai: Cliffie Engelbrecht van Seegansslot was Dinsdagoggend, 21 Maart, ‘n slagoffer toe daar by sy motorhuis ingebreek is. Die inbreker het die diefwering met geweld uitgebreek, ingeklim en daarna die kombuisdeur van binne oopgesluit, skynbaar met die plan dat hy vinnig kan wegkom.
Hy het artikels uit die sitkamer na buite gedra, waarna hy na Cliffie se slaapkamer beweeg het.
Die inbreker is ingewag met dié woorde: “My pistool is in my hand en vandag skiet ek jou!” Die inbreker het op die vlug geslaan en oor die betonheining van die erf gespring.
Groter Gansbaai Buurtwag
Mark Collings, sameroeper van die Groter Gansbaai Buurtwag, het gesê ondanks die voortgesette misdaad-patroon, kry hulle steeds nie voldoende samewerking van huiseienaars om by Afri-Forum en die Groter Gansbaai Buurtwag aan te sluit nie.
“Lidmaatskap by AfriForum hou verskeie voordele vir die bedryf van die buurtwag in,” het Mark gesê.
Mark doen ‘n beroep op inwoners om aan te sluit. Belangstellendes kan hom skakel by 074 465 1058 of stuur ‘n e-pos aan hom by markcollings@webmail. co.za.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.