R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Tydens ‘n rillerstryd kon die A-span van Black Leaves uiteindelik daarin slaag om Botrivier verlede Saterdag met 29-27 te klop.
Maklik was dit glad nie, want die Baai kon eers daarin slaag om die knoop in die laaste minute van die stryd deur te haak.
Die wedstryd kan beskryf word as ‘n wipplank ryery wat betref die uitslag.
Danksy die skopvoet van die losskakel Evon Visser wat die Baai in die prentjie gehou het, met twee vroeë Evon strafskoppe (6-0). Botrivier antwoord met ‘n doel om die telling 6-7 te maak.
Black Leaves behou die druk en forseer die besoekers tot foute wat Evon weer uitbuit (9-7), maar Botrivier besef hulle sal drieë moet druk om die skopvoet van Evon te troef.
Die Baai se verdediging swig behoorlik onder die besoekers wat lei tot ‘n doel (9-14), maar vir die soveelste keer slaag die tuisspan se losskakel daarin om die Baai tot 12-14 te bring en in Botrivier se nek te blaas. Met die aanbreek van die tweede helfte spat die vonke en die besoekers soek die pale twee keer op (12-20). Hier begin dinge lelik lyk nadat die Baai glad nie deur die verdediging kan bars nie. Drieë druk word nou ‘n noodsaaklikheid.
Enwill Hickley, senter van die Baai, is verwoestend deur die teenstanders vir ‘n vyfpunter wat verdoel is deur Evon (19-20). Met die tyd wat einde se kant toe staan, verras Botrivier met ‘n pragdoel (19-27) wat aan hulle baie vertroue gee en hulle dink die spel is gewen.
Die veteraan, Dilano Booysen (vleuel) het getoon dat hy nog oor soveel vaart beskik om te gaan afrond met ‘n pragdrie (24-27).
Dit was asemophoutyd toe Botrivier misluk met ‘n strafskoppoging na die pale, maar Enwill Hickley beklink die wedstryd met nog ‘n manjifieke drie (29-27).
Die manne se samespel het deurentyd vrugte afgewerp met veral Reduwaan Preslin voorlangs en Jabre Mouries (slot) wat beïndruk het, maar dit was weer eens die ou strydros Francie Pieter (flank) wat week na week sy hart uitspeel. Hy word as Speler van die Wedstryd aangewys.
Derde span wen ook
Black Leaves se derde span spring goed weg en wen (15-12). Puntemakers hier was (drieë): Elias Hans (1) Nando Mert (1) en Denzil Hendricks (1).
B-span delf die onderspit
Black Leaves se B-span het nie die paal gehaal nie. Puntemakers hier was: Asanda, Komani en Donald Dickson.
Black Leaves durf hierdie Saterdag die gedugte spanne van Hawston aan. Maklik sal dit beslis nie wees nie, maar met die temperament en intensiteit waarmee die manne deesdae speel, kan die vonke dalk spat.
Ry saam en ondersteun die Baai.
So sê “BRAG”
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.