Whatsapp-groepe baklei misdaad

Whatsapp-groepe baklei misdaad

Gansbaai Courant

Die dorp se inwoners en besigheidseienaars het hulle mes in vir misdadigers.

Nie alleen is die whatsapp-groepe uiters effektief in die bekamping teen misdaad nie, maar dit skerp ook die lede se waarnemingsvermoë op.

Volgens inligting wat die Gansbaai Courant verkry het, is ‘n minderjarige meisie Maandagaand om die nek gegryp en haar selfoon is by haar afgeneem.

Die misdadiger het weggekom, maar na bewering word hy met ander sake wat voertuigdiefstal en verkragting insluit, ook verbind.

Die polisie kon dit nie bevestig nie.

‘n Baie suksesvolle whatsapp-groep in ‘n ander deel van die land, het gister die volgende wenke deurgegee:  Ken jy jou man/vrou/kind se selfoonnommer uit jou kop uit?  Wat sal gebeur as jou selfoon gesteel word en jy moet dringend bel van ‘n ander foon af?

Begin dadelik om dit te memoriseer.

… en na aanleiding van ‘n plaasaanval vroeg Maandagaand in die Bloemfontein-area, die volgende wenke:  Voor jy jou huis verlaat, kyk deur die vensters of dit veilig is om uit te gaan.  Is daar nie vreemdelinge op die erf nie?

Voor jy die hek oopmaak, kyk eers op en af in jou straat.  Is dit veilig?

Terwyl jy werk toe ry:  wees oplettend. Rapporteer verdagte omstandighede of mense.

Sluit jou huis se deure, maak die vensters toe wanneer jy gaan slaap, stel jou alarm, onthou om die motorhuisdeure toe te maak en te sluit.  Moenie items laat rondlê wat boosdoeners kan gebruik om by jou huis in te breek of as ‘n wapen teen jou of jou diere te gebruik nie.

Inwoners se oplettendheid is daardie ekstra oë en ore vir die polisie en sekuriteits-maatskappye. 

Sluit aan by jou buurt se whatsapp-groep en sluit aan by die Groter Gansbaai Buurtwag. Belangstellendes kan die sameroeper, Mark Collings skakel – 074 465 1058 of stuur ‘n epos na markcollings@webmail.co.za

Is jy deel van die oplossing? - sluit aan by jou groep –

Gansbaai:  Hugh-Daniel Grobler – 072 352 7776

Perlemoenbaai: Johan Pieterse – 082 876 7700 - Addisionele nommer: Lawrence Badenhorst – 083 691 6504

Franskraal Buurtwag: Willem van der Merwe – 083 791 8497

Kleinbaai:  Janine Taylor – 082 499 0222

De Kelders: Mark Collings – 074 465 1058

Pearly Beach: Johan du Toit – 072 627 9535

Pearly Beach Oord:  Theuns Scholtz 082 379 0462

Baardskeerdersbos Plaaswag:  Japie Swart 082 325 8530

Whatsapp-groepe baklei misdaad

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant