R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die Hardebaarde ken hulle feite en sal seker nie in hierdie bydrae belangstel nie, dis egter gerig op die manne wat òf begin hengel òf al moedeloos raak omdat die vis maar skaars bly. Ek wil ‘n paar goed uitwys wat, indien dit toegepas word, sal help dat daar meer gereeld ‘n vissie vir die pan beskikbaar sal wees. Ek moet egter in gedagte hou dat spasie beperk is, so ek sal dit “kortpad” moet vat.
Die heel eerste feit is om die weer en die gepaardgaande watertoestande in berekening te bring. En dis makliker gesê as gedaan. Om hiertoe in staat te wees vat baie ondervinding en wysheid. En steeds lyk dit my moet jy as‘t ware gebore wees met hierdie gawe! Die volgende item wat sommer baie belangrik is, is -- aas!
Kortweg gestel, hoe groter die verskeidenheid, hoe “gelukkiger” raak jy. Met ‘n boot is die keuse redelik eenvoudig. Indien jy toegerus is met visaas (hoe varser, hoe beter), rooiaas, witmossel en tjokka behoort jy jou ding te kan doen. Met strandhengel verskil die storie so effe. Hier moet jy verkieslik hê wurm, krewels, visaas, rooiaas (vars, vrot en rypgemaakte), asook witmossel (gesout en vars, wanneer jy byvoorbeeld agter galjoen se kind aan is).
Nog iets baie belangriks is dat jou hengelgerei geskik moet wees vir die tipe vis wat jy in die oog het en die samestelling van stok, lyn en hoeke, ensovoorts moet deeglik in gedagte gehou word.
Tegniek is iets wat met die tyd sal kom, maar jy kan sake vergemaklik deur by iemand raad te gaan vra en jy hoef nie verder te soek as ‘n Hardebaard nie. By hom, of haar, sal jy leer van goed soos hoe die water moet lyk vir sekere visse en dan sommer ook hoe jy die ase moet voorberei en aanheg. Jy sal dan ook weet hoe om sloepe te identifiseer en wanneer om vir dwarssloepe (soos byvoorbeeld vir witsteenbras) te soek. Dan gaan daar ook tye wees dat jy verskillende ase aan dieselfde hoek heg en hoe moet jy die spul vasbind?
Die verwysing na die baie ase sal jou dalk skeef laat kyk, want dit kos nogal om die lot bymekaar te bring, maar ek het nie gesê dit sal maklik wees nie, net beter!
My spasie is op, kom ons kyk hoe dit gaan.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.