Rare ougoed word uitgestal

Rare ougoed word uitgestal

Gansbaai Courant

As jy van ougoed hou, sal die uitstalling deur John McGregor wat tans by die Gansbaai Toerisme kantoor aangebied word, beslis ‘n indruk maak op jou.  John is ‘n passievolle versamelaar van baie skaars en vreemde antieke items. Die blikkarretjie en motorfiets op die foto, dateer uit die dertiger jare en is maar een van die besondere speelgoeditems wat te sien is.  Daar is ook ‘n motorfiets uit die laat 20’s, ‘n houtboot uit die 50’s en ‘n ‘Hornby’-trein uit die veertigerjare.

Die oudste item is ‘n lampie wat dateer uit 200nC.  ‘n Argeoloog-vriend van John het dit in Israel opgegrawe.  Ander interessanthede is glasbottels – waarvan een ‘Case Gin’ van 1860 en ‘n bottel van ‘n glasfabriek in Boksburg wat dateer uit ongeveer 1905.

‘n Hollandse pyp – een van die eerste pype wat in die 1630’s mode was, het ‘n vriend van John vir hom uit ‘n rivier in Holland uitge-delf.

Die ou gereedskapstukke en waterbottel uit die Tweede Wêreldoorlog, sal veral die manlike geslag beïndruk.

Rare ougoed word uitgestal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant