R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Lieb Louw met 44 punte (73 bruto). Lieb wen ook naaste aan die pen op no 8&11, teken ‘n Spog Twee aan op no.8, ‘n Arend op putjie no. 16 en wen die Boerpotputjies op no 1, 3 en 12 – veels geluk Lieb met goeie gholf! Wally van Coller wen ook die Boerpotputjies op no 1, 3 en 12. Tweede was Steve Muller met 40, gevolg deur Sextus Neethling 39, Wally van Coller 38, Etienne Engelbrecht 38, Hugo Groenewald 37, Solly Wessels 36, Andre Roos 35, Jan le Roux 35, Daan Victor 34. Sextus wen naaste aan die pen op no 2&11. Andre Roos teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 8.
Vrydag se OK Foods 9-putjie-kompetisie is gewen deur Solly Wessels met 21 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht 20, Richard Bentz 20, George Hunt 19, Leon Lombard 16, Hennie Kriel 15. Naaste aan die pen op no 8, was Richard Bentz.
Saterdag se Houespel is gewen deur Daniel van der Merwe 70). Daniel wen ook naaste aan die pen op no 2&11, en teken twee Spog Twee’s aan op no 2&11. Veels geluk Daniel! Tweede was Sextus Neethling 66, Johan Coetzee 68, Jan le Roux 70, Solly Wessels 72, Leon Hattingh 73, Pieter Loubser 73, Andre Roos 74, Malcolm Bury 74, Neil Harrison 75. Hugo Groenewald was naaste aan die pen op no 8&17, Spog Twee’s word aangeteken deur Solly Wessels (8), Neil Harrison (11) en Johan Coetzee (17).
Volgende Saterdag se Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Liga: Die Ligaspan speel Saterdag teen Hermanus op Gansbaai – ons wens hulle alle sterkte toe.
15 April (Paasnaweek):
Borgdag en die formaat is ‘n Enkel Stableford.
Vrydag se OK Foods 9-putjie-kompetisie: As gevolg van Goeie Vrydag, sal dit op Donderdag, 13 April, gespeel word.
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.