Vakansiegangers verslae na diefstal

Vakansiegangers verslae na diefstal

Gansbaai Courant

“Ons het Vrydag, 7 April vanaf Kaapstad hier aangekom vir wat ons gedink het ‘n veilige en gesellige ruskans gaan wees,” het ‘n verslae Tabassum Aleem, aan ons verslaggewer, Hardus Botha gesê.  Aleem het as woordvoerder van ‘n groep opgetree wat verlede week by ‘n vakansiehuis in Kleinbaai onder misdadigers deurgeloop het.

Die groep van ses vroue en ‘n jongman van die maatskappy, The Jupiter Drawing Room Cape Town, het geweldige groot verlies gelei nadat hulle Maandagaand, 10 April 2017 besteel is.

Die huis in Kabeljoustraat, Kleinbaai, behoort aan die maatskappy waar die groep werksaam is. 

Hulle was besig om vleis te braai in die boonste verdieping van die huis. Die skuifdeur op die onderste vlak was nie gesluit nie.

Terwyl hulle gesellig verkeer het, het die diewe maklik en ongestoord toegang deur die skuifdeur verkry.  Die deur het direk na die een slaapkamer gelei, waar waardevolle artikels deur die gaste neergesit is.

Onder andere is ‘n handsak met 'n bedrag kontant, ‘n kamera, duursame juweliersware, ‘n beursie, oorfone en bankkaarte daarin gesteel. ‘n Skootrekenaar ter waarde van ongeveer R20 000 en 2 selfone is ook geneem.

Die skootrekenaar se sak en van die bankkaarte is later buite in die erf opgetel waar dit neergegooi is.

Speel selfs met katte

Vakansiegangers word veral gewaarsku dat hulle steeds paraat moet wees teen misdaad terwyl hulle ontspan.

Dit kom voor asof skelms op hul gemak is wanneer hulle ‘n huis teiken.

So ‘n skelm het sowat ‘n week gelede selfs met die katte buite in ‘n erf gespeel terwyl hy homself aan bykans R18 000 se gereedskap in ‘n garage gehelp het.

Dit het in die nagtelike ure in Kusweg, Kleinbaai gebeur, terwyl die huisbewoners geslaap het.

Hy het die garagedeur met ‘n koevoet oop forseer.

Volgens inligting verkry vanaf die sekuriteitskamera, was die kwajonger vir bykans ‘n uur op die werf in die omgewing van 02:30 die oggend. 

Dit blyk asof die skelm ‘n kakiekleurige uniform aangehad het met lapelle op die skouers en blink gepoleerde skoene.

Nog inbrake

Tussen 1 en 9 April was daar ‘n inbraak in Perlemoenbaai, 3 inbrake in Franskraal en 3 inbrake in Pearly Beach gedurende die naweek.

Arrestasie

Die SAPD het inligting opgevolg en ‘n verdagte gearresteer wat in Januarie by ‘n motor ingebreek het.

Die inbreker het sleutels van ‘n vakansiehuis bekom wat in die motor was.

Lede van Gansbaai se uniformtak het van die vermiste artikels teruggevind, asook ‘n veiligheidshek.

Vakansiegangers verslae na diefstal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant