Tuisversorgers gereed vir mark

Tuisversorgers gereed vir mark

Gansbaai Courant

As deel van ‘n werkskeppingsprojek het hierdie groep studente onlangs ‘n 8-weke lange huisbestuur- en tuisversorgingskursus in Stanford ondergaan. 

Op die foto ontvang die suksesvolle studente hul sertifikate van Elnette du Toit, area bestuurder van Kansa (links agter).  Die studente is voor van links:  Preseine Africa (hoogste lof toekenning), Shimonnay Visser, Denzil Ceasar, Natalie Pieterse, Andy Dyk en Aida Letsie.  Agter van links:  Elnette du Toit (spreker), Yolandie Jansen, Elwida Europa, Sharon Jantjies, Joynaline Marthinnus, Ronelda Barends, Mariégen Swart, Barbara Martins (hoogste lof toekenning) en Iréne de Waal (geregistreerde verpleegkundige en opleier).

Die kursus behels twee weke opleiding in huisbestuur en ses weke word spandeer aan tuisversorging.  Die studente doen in die tyd ook praktiese opleidingservaring op.

Hoewel Iréne de Waal die opleier is, word sprekers vanuit die gemeenskap ingespan om die inhoud van die kursus toe te lig.

‘n Fisio- en arbeidsterapeut lewer insette en ‘n pastorale sielkundige se dienste word beskikbaar gestel aan studente.

Tuisversorgers gereed vir mark

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant