Pasop vir sogenaamde 'bankamptenare'

Pasop vir sogenaamde 'bankamptenare'

Gansbaai Courant

‘n Man van Franskraal het vandeesweek ‘n oproep op sy huistelefoon ontvang.

Die dame wat hom geskakel het, het gesê sy is van ‘n groot handelsbank se kredietkaartafdeling.  Sy het die man op sy naam genoem en gevra of hy sy kaart die oggend gebruik het, waarop hy “nee” geantwoord het.

Sy lig hom toe in dat iemand geld uit sy rekening getrek het, via ‘n internettransaksie om dollers mee te koop en dat sy die transaksie wil stop en omkeer.

Die man ontvang gewoonlik sms-boodskappe indien daar transaksies gedoen word op sy rekenaar en hy sê toe vir haar dat hy geen boodskappe van die bank ontvang het nie.

Sy vra hom na sy selfoonnommer, wat hy toe vir haar gee.

Daarna lig sy hom in dat hy na sy kaart moet kyk, aangesien dit verval het en aan haar die sekuriteitskode agterop moet verskaf sodat sy die transaksie kan kanselleer.

Die man sê dat sy so oortuigend was, dat hy dit byna vir haar gegee het.

Hy sê toe vir haar dat hy eerder gou bank toe sal gaan om te hoor wat aangaan.

Sy lig hom toe weer baie selfversekerd in dat die bank reeds gesluit is vir die dag.

Sy dring toe weer daarop aan dat hy die sekuriteitskode verskaf, sodat sy hom kan help om sy geld terug te kry, waarop hy geweier het.

Die vrou het haar humeur verloor en gesê dat hy dan maar moet aflui en dat dit sy probleem gaan wees as hy nie sy geld terugkry nie.

Ons waarsku ons lesers om bedag te wees op sulke oproepe. 

Geen bank sal ooit jou sekuriteitskode aanvra nie.  Dit is slegs daar vir eie gebruik en die beskerming van jou bankrekeninge.

Pasop vir sogenaamde 'bankamptenare'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant