Perlemoenbaai ouers se enigste seun sterf na kort siekbed

Perlemoenbaai ouers se enigste seun sterf na kort siekbed

Gansbaai Courant

Sestien jaar nadat hul enigste dogter in ‘n motorongeluk dood is oor die Paasgety, moes ‘n egpaar van Perlemoenbaai ook hul enigste seun aan die dood afstaan.

‘n Geskokte Danie en Jeanette Gericke vertel dat hul  47-jarige seun, Lionell en sy vrou Janette sowat 2 weke voor hul seun se dood, hul 20ste huweliksherdenking met ‘n vakansie in Namibië gaan vier het.

Lionell moes na die vakansie vir ‘n dikdermprobleem ge-opereer word in die Paarlse MediClinic.

Twee dae na die operasie het Lionell in ‘n koma verval en bloedtoetse het getoon dat hy malaria onder lede het.  Hy is drie dae later op 8 April oorlede.

Lionell het simptome van griep gehad nadat hulle teruggekeer het van vakansie af.

Hy was wel bekend in Gansbaai onder die manne met rubberbote. Hy het ook aan talle Trans Agulhas rubberbootwedrenne deelgeneem.

“Lionell het pas ‘n nuwe groot boot gekoop, wat hy gedurende die Paasnaweek hier by ons sou kom toets,” het sy geskokte pa vertel. “Nou staan die boot hier en Lionell is nie meer met ons nie.”

Lionell het as die vader agter die bekende Paarl-besigheid, Genuine Connection Promotions, bekend gestaan wat sport- en promosiegoedere vervaardig.

Rugbyklere en –truie is on-der andere aan rugbyspanne soos die Cheetahs, Lions, Blue Bulls en Stormers voorsien, asook aan bekende skolesportspanne dwarsoor die land.

“Lionell was altyd bereid om die sportgemeenskappe met borgskappe te help, veral onder minderbevoorregtes,” het Maawyah Moerat, sportskakelbeampte van die Drakenstein munisipaliteit gesê. “Sy onverwagse afsterwe is ‘n geweldige skok vir die hele sportgemeenskap van die Paarl. Hy was ‘n goeie man en ons sal hom baie mis.”

Lionell laat sy ouers agter, asook sy eggenote en sakevennoot, Jeanette,  hulle seun, Brad (18) en dogter, Zoë (15).

Brad wat oorsee was toe hy van sy pa se operasie gehoor het, het dadelik ‘n terugvlug bespreek. Op die lughawe moes hy hoor dat sy pa reeds oorlede is.

“Danie was ‘n liefdevolle gesins- en familieman en nou is altwee ons kinders aan die dood afgestaan,” het ‘n hartseer Jeanette gesê.

Lionelle is Donderdag, 13 April 2017 vanuit Paarl NG Strooidak Kerk deur ds Fanie Kriel begrawe.

Perlemoenbaai ouers se enigste seun sterf na kort siekbed

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant