Diewe versuur lewens

Diewe versuur lewens

Gansbaai Courant

Hoewel die buurtwagstelsels goed op dreef kom in die groter Gansbaai, het diewe steeds die Paasnaweek as ‘n gulde geleentheid gesien om op ontspanne vakansiegangers toe te slaan. Kampeerders, buitelandse besoekers en vakansiehuisinwoners is geteiken, aangesien mense in ‘n ontspanne luim is, nie oplet dat buitedeure gesluit is wanneer hulle kuier nie en nie los artikels uit hul motors verwyder wanneer hulle parkeer nie. Gansbaai gaan soos enige ander dorp in Suid-Afrika gebuk onder wetteloosheid, hoewel die SAPD, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye alles in hulle vermoë doen om misdaad hok te slaan en misdadigers vas te trek. Dit was veral Van Dykstraat in Kleinbaai wat erg deurgeloop het oor die vakansietyd, hoewel daar gevalle van veral diefstal, oor die hele groter Gansbaai area gerapporteer is. Heelwat motorsleutels, afstandbeheertoestelle, selfone, iPads, skootrekenaars, klere, handsakke en beursies is gebuit.

Daar is weer gevalle gerapporteer waar skuifdeure uitgelig is.  Huisbewoners wat van die ronde sluitslotte vir skuifdeure gebruik maak, maak dit vir inbrekers moeiliker om eiendom te betree.  Buitestrale is ook ‘n goeie waarskuwing- en afskrikmiddel. Daar is in heelwat motors ingebreek en kampeerders het in een geval alles wat hulle saamgebring het vir hulle vakansie, verloor.  Hul tent is betree en al wat hulle oorgehad het toe hulle die volgende oggend wakker word, was die klere aan hul lywe en hul beddegoed. Buurtwag: Die Afri-forum Buurtwag kom goed op dreef, maar daar is ‘n ernstige tekort aan mense wat wil help met patrolliewerk. Daar word ook ‘n beroep gedoen op permanente inwoners om te registreer.  Inwoners kan nie verwag dat hulle beskerm word, maar nie deel is van die buurtwagstelsel nie.

Navrae kan gerig word aan die sameroeper, by 074 465 1058.

Diewe versuur lewens

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant