R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Haar ouma was die eintlike boekwurm in die familie wat heel onbetaamlik vir ‘n boervrou, gereeld soggens op hul plaashuis se stoep gesit en lees het.
Dit was dié einste ouma wat ‘n biblioteek begin het in ‘n winkeltjie in Kruisrivier en dit is by dié ouma, waar skrywer Irna van Zyl se liefde vir lees en skryf vandaan kom.
Gansbaai Leeskring het hierdie befaamde joernalis genooi om verlede Woensdag oor haar debuutroman, Moordvis te gesels by hul maandbyeenkoms in die biblioteeksaal.
Irna, met ‘n ellelang lys van joernalistieke toekennings agter haar naam, vertel grappenderwys hoe sy as kind haar gesinslede se biblioteekkaartjies gesteel het, sodat sy meer boeke kon uitneem.
‘n Vriendin het Irna op haar 50ste verjaardag gevra, wat sy nóg wil bereik in die lewe – en sy wou ‘n boek skryf. Sy het net nie geweet hoe om te begin nie, maar haar vriendin het haar aangepor met “as jy dit wil doen, moet jy dit eenvoudig doen”. Vandag is dit haar werk. Sy begin soggens 06:00, hou haar kop op die storie en “write like a truck driver”.
Irna het ‘n uitgewer gekies wat haar boek terselfdertyd in Afrikaans en Engels sal uitgee en dit in Penguin uitgewers gevind.
Haar eerste misdaadroman het in Julie 2016 op die rakke verskyn, met sy vertaalde eweknie Dead in the Water.
Die verhaal speel in die fiktiewe dorpie Grootbaai af wat in die omgewing van Pearly Beach, Gansbaai en Kleinbaai geleë is – Irna se hartland.
Marita van der Vyver se mening oor die boek: “Die spanningslyn gaan jou inkatrol, die storie gaan jou meesleur” en Karin Brynard skryf: “’n Dawerende nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie.”
Roemryke loopbaan
Irna se joernalistieke loopbaan het in 1979 as verslaggewer by Die Burger in Kaapstad begin.
Sy verwerf ‘n honneursgraad in Afrikaans en Nederlandse letterkunde, asook ‘n honneurs in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy wen reeds in 1981 die Stellenbosch Boerewynmakery se prys vir ondernemende joernalistiek vir die vloedrampe by Laingsburg en spesifiek Montagu. Sy word Die Burger se eerste vroulike hoofsubredakteur in 1985 en in 1988 redakteur van De Kat in Johannesburg. Sy publiseer ‘n kortverhaalbundel Grootmensspeletjies, in 1995.
Sy verlaat De Kat in 1996 en keer terug na Kaapstad, waar sy in 1998 die medestigter is van New Media Publishing. Kort daarna word sy redakteur van Insig en van 2007 – 2009 redakteur van Boeke-Insig. Sy tree in April 2015 uit as redaksionele direkteur van New Media om haar voltyds op kreatiewe skryfwerk toe te spits. In dieselfde jaar is sy deur Media24 met die Piet Cillié-prys vereer vir haar joernalistieke loopbaan, asook deur Naspers met die Orde van Tafelberg vir haar bydrae as sakevrou aan die Naspers-groep.
Karen Zoid verwys nie verniet na Irna as ‘n mediamag-naat nie.
Hier vind sy vrede
Pearly Beach is voorwaar bevoorreg om hierdie gerekende vrou met tye as inwoner te hê, waar sy ‘n wegloophuis het en deel is van die Pearly Beach Bewarea bestuurskomitee. Bewaring lê Irna baie na aan die hart. Sy was ook die redakteur van Pearly Beach Bewarea se volkleur inligtingsboekie: Pearly Beach and all you need to know to love it here.
In een van die artikels in die handige boekie, skryf sy oor die Kaapse grysbok en ander wild wat sy daar opgemerk het.
Op die voorlaaste bladsy skryf sy oor ‘haar’ Pearly Beach en waarom hierdie juweel van ‘n plek vir haar so besonders is.
Hier vind sy kalmte, perspektief, eenvoud, hoop en vrede – voorwaar ‘n wêreldskat wat bewaar moet word!
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.