R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Eddie Barnard, Gansbaai se “One Man Band”, het Dinsdag, 11 April sy eie “Bietoubosharem” gehad om op maat van sy musiek te vermaak.
Die vrolike samekoms was die Bietoubos Damesklub se maandbyeenkoms in die NGK se Kleinsaaltjie.
Eddie is al ‘n “ou haan” onder die Bietoubossers, ‘n klub wat bestaan uit vroue van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai.
Hierdie keer het dit egter behoorlik na ‘n “persoonlike” harem gelyk met die sowat 40 pragtige vroue wat opgedaag het. Drie kleindogters het ook die byeenkoms saam met hul oumas bygewoon.
Hoewel alles op die oog af vrolik was, met ‘n saal in pienk getooi, was die tema van die dag van ‘n ernstige aard: hoe om die tyding van kanker te hanteer by jouself of iemand na aan jou.
Meer bekend vir haar rol as die koorbegeleier van die NG Kerk, was Annelene Reinke van Pearly Beach die aangewese persoon om oor dié onderwerp te praat nadat sy vir etlike jare met kanker saam geleef en oorkom het. Sy is ook ‘n aktiewe vrywillige werker van Hospice.
“By die aanhoor van die tyding dat jy kanker onder lede het, verander jou gedagtes impulsief,” het Annalene gesê. “Jou eerste gedagtes word deur lyding, dood en jou finansies oorheers. Daarna dink jy aan hoe dit jou naasbestaandes en ook jou voorkoms gaan beïnvloed.”
Annalene het vertel dat ‘n warboel van emosies opduik: skok, ontkenning, angstigheid, woede, depressie en veel meer. “Hierdie warboel van emosies word ook deur jou ondersteuningsnetwerk, begrip van die siekte en sosiale druk beïnvloed.”
Vandag het pasiënte meer deel aan die beplanning van spesifieke behandelingsmetodes, soos onder andere, wat die behandelingspatroon inhou.
Sy het ook na vele aanpassings in hierdie verband verwys: gevoelens van hartseer, moegheid - fisies en sielkundig, konsentrasieprobleme, slaperigheid of slaaploosheid, verlies aan eetlus en gevolglike gewigsverlies, rusteloosheid, geïrriteerdheid en vele ander emosies.
“Eie navorsing oor kanker en die gevolge en behandeling daarvan, kan help om angstigheid te verlig. Konsentreer op die dinge wat jy wel kan beheer en pas jou dieet aan,” het Annelene gesê. “Kyk ook na jou liggaam en probeer om fisies aktief binne jou vermoeëns te bly.”
Op die vraag hoe buitestaanders teenoor kankerlyers behoort op te tree, was haar antwoord eenvoudig: “Wees net daar vir ondersteuning en tree verder normaal op sonder om emosioneel te raak. Bied vervoer aan, rig uitnodigings vir tee/koffie- of uiteetgeleenthede.”
Elke individu hanteer sy/haar siektetoestand uiteenlopend: Sommige onttrek hulself aan die samelewing, terwyl ander weer graag hul gevoelens met andere deel. Wat egter van groot belang is, is om elke individu se hantering van kanker te respekteer. Indien ‘n kankerlyer nie daaroor wil praat nie, verskaf net stil ondersteuning. Wanneer ‘n persoon wel wil praat, wees dan net ‘n goeie luisteraar.
“My finale raad aan julle is om te sorg dat jy jou liggaam ken en indien enigiets vreemd voorkom, moenie huiwer om jou geneesheer te raadpleeg nie – eerder te vroeg as te laat.”
Na die ernstige en relevante praatjie deur Annalene, kon Eddie voortgaan met sy musiek soos net hy dit kan doen – met sy Bietoubosharem wat ‘n bietjie hul lywe rondgeswaai het op maat van sy musiek.
Dit was ‘n gesellige oggend met Aletta Lochner en Marie de Jager aan die stuur van sake. Hul gaste het ook hartlik saam gesing, en speletjies gespeel.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.