Gedoemde BBos donkie word Passiespel-esel

Gedoemde BBos donkie word Passiespel-esel

Gansbaai Courant

‘n Donkie van Baardskeerdersbos, Dora, wat aanvanklik vir die slagpale bedoel was, eindig toe as een van die ‘toneelspelers’ op tydens Hermanus se passiespele in die Ou Hawe op Goeie Vrydag.

Dora se belangrike ‘rol’ was om, met 'Jesus' op haar rug, Jerusalem onder groot toejuiging van die skare, rustig binne te stap.

Stanford se donkie wat gereeld aangery is vir die passiespele, was nie vanjaar beskikbaar nie. Wynand en Annatjie Hamman van die kleinhoewe, Hamman se Kraal net buite Baardskeerdersbos, is genader en hulle het ingewillig dat Dora in ‘n perdewa (horse trailer) na Hermanus geneem word.

Dora en haar vul, Jakob, was gedoem tot die slagpale aangesien hulle geen heenkome gehad het nie. Annatjie het voet neergesit en huisvesting is aan altwee langore op hulle kleinhoewe gegee.

Op Goeie Vrydag is die gedoemde Dora tot “toneelspeler” verhef by die passiespele en sy het haar skynbaar goed gedra en goeie samewerking verleen. Na die opvoering het haar kop net in een rigting gestaan - terug huis toe.

“Ons het haar eers met rustige staptogte op die kleinhoewe voorberei vir haar optrede, maar dit het sowat 7 pakkies wortels gekos om haar tevrede te hou,” het Annatjie gesê. 

22ste passiespele 

Vanjaar is dit die 22ste keer dat  Hermanus se passiespele op Goeie Vrydag in die Ou Hawe opgevoer is. Hierdie jaarlikse opvoering strek vanaf die aankondiging aan Maria dat sy ‘n seun in die lewe gaan bring en Hom “Jesus” moet noem, tot by Christus se opstanding na sy dood aan die kruis op Golgota. Die teks is op die Lukas Evangelie gebaseer.

Ondanks die koue en reën, het steeds sowat 1 250 toeskouers opgedaag om na die uitstaande opvoering op die rotse by die see te gaan kyk.

Agtergrondgeskiedenis

Die passiespel is in 1995 deur Lisma Kotze en haar eggenoot, Koos  van Sandbaai geskep, “want ek wou die beste tot die Koninkryk bydra,” het Lisma gesê.

Baie mense het haar afgeraai omdat dit te groot sou wees om alles in een opvoering byeen te bring.

Lisma het egter deurgedruk en die wonderlikste toneelspel ooit in die Ou Hawe in Hermanus geskep. Vele struikelblokke moes oorbrug word, soos om perfekte donderslae te kry met die skeur van die voorhangsel van die Tempel, tekste, kostuums en dekor onder op die rotse. Die klankbaan, wat steeds in gebruik is, is met ‘n 5-ton vragmotor aangery en Lisma moes mense kry vir stemopnames. Na 94 pro-beerslae was sy eers met die resultate tevrede.

Na 9 suksesvolle opvoerings van die passiespele het sy besluit om uit te tree.

Een van die spelers wat oor ‘n tydperk van 7 jaar deelgeneem het, Fanus le Roux, het die regie by haar oorgeneem nadat hy gehoor het dat sy die passiespele gaan staak.

Hy het met elke speler persoonlik in gesprek getree en die volgende jaar was die passiespele weer op die planke, of te wel, op die rotse.

Tussen 80 en 100 spelers neem elke jaar aan die opvoering deel met die oudste speler al byna 80 en die jongste een 5 jaar.

Gedoemde BBos donkie word Passiespel-esel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant