R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die lyne het behoorlik gesing toe 200 deelnemers ingeskryf het vir Pearly Beach Hengelklub se naweek-kompetisie.
Dit was die Petals Express Interklub 2017 hengelkompetisie met 7 klubs wat meegeding het: Pearly Beach-, Ashton-, Alpha-, Bettiesbaai-, Gordonsbaai-, Weermag- en Overberg Hengelklub – het almal by Pearly Beach saamgetrek.
Die borge het vir ‘n uitsonderlike naweek gesorg en Ivan van der Merwe se musiek het die voete laat jeuk. Daar was genoeg te ete vir die 290 gaste.
42 hengelaars het 90 visse ingeweeg, waaronder 50 kabeljoue, 17 galjoene en 8 steenbras, met ‘n totale massa van 184.6kg.
Deon Strydom stap weg met die swaarste sak (17.5kg) vir die dag. Karl Dieter Lahner sorg vir die swaarste hottentot (1.0kg) en swaarste jan bruin (1.3kg). Charlie Fries van Bettiesbaai weeg die swaarste kabeljou (5.3kg) in, Johan van Romburg van Overberg die swaarste steenbras (9kg) en die swaarste galjoen (2.6kg) word deur Philip Fourie ingeweeg.
Tony Hoogendijk wen die seniors se afdeling en Alida Grove die dameskompetisie.
Die Top 10 hengelaars met punte, was: 1ste Deon Strydom, 2de Hans Strydom, 3de Denton Bauermeister, 4de Rossouw Munnik, 5de Stephan Aslin (Overberg), 6de Johan van Rensburg (Overberg), 7de Francois Munnik, 8ste Lesley Roux (Gordonsbaai), 9de Hugo Krynauw (Gordonsbaai) en 10de Jaron Pratt.
Pearly Beach se Rooispan wen ook die spankompetisies teen Alpha en Gordonsbaai.
2017 se Interklubkampioen is Pearly Beach se Rooispan (op gemiddelde gewig), met Bettiesbaai 2de, Gordonsbaai 3de, Ashton 4de, Over-berg 5de, Pearly Beach Blouspan 6de, Alpha 7de, Pearly Beach Pienkspan 8ste en Weermag 9de.
Pearly Beach is nie net lede met “vis harte” nie, maar ook met “goue harte”. Hulle het die naweek fondse ingesamel ten bate van die Pionierskool vir Blindes in Worcester.
Die naweek se inskrywingsgelde, gelukstrekking en kaartjies het hulle met ‘n stewige R6 000 laat afskop. Alpha Hengelklub skenk later R2 500 en daag die ander klubs uit om daarop te verbeter. Die eindresultaat was ‘n verstommende R25 000!
Die klubbestuur is dankbaar vir die fantastiese samewerking en goeie gees waarin die insameling plaasgevind het vir ‘n goeie doel. Borge sal amptelik op ‘n later stadium bedank word.
Die volgende Pearly Beach Hengelkompetisie word 13 Mei 2017 gehou.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.