R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Sekerlik die belangrikste faktor wanneer dit kom by hengel, en veral boothengel, is die weer.
Op die oomblik is dit suidoostewinde wat gedy en ongelukkig voorspel dit niks goeds vir boothengel nie, hoewel die manne met die lang stokke nie baie sal kla nie.
Dit is juis wat die kabeljouwater voordelig beïnvloed. Die vaalwater wat hiervoor benodig word is juis nou na aan die wal met die gevolg dat kabeljou nog hier aangetref word. Maar enige wind wat te lank waai is op die ou einde nie ‘n goeie ding nie.
Die water is as gevolg van hierdie toestande baie koud en voor die weer nie “opspeel” nie sal dit so bly. Hiervoor benodig ons natuurlik die westewinde.
Indien die weer en water saamspeel, verkry jy die nodige warmer water en dan is daar pêre! Te warm water veroorsaak weer ander probleme en is ook nie van die beste nie.
Wat se vis om te verwag? Kom ons kyk eers wat sover gebeur het. Die kabeljou-storie was doodnormaal, soos dit elke jaar gebeur. Met die winter aan die kom behoort hierdie selfde kabeljou te verkas na die dieper water, en dit behoort enige tyd nou te gebeur. Wanneer hierdie weer sy verskyning maak, behoort ook ander vis te begin byt.
Daar sal wel gestry word oor die kwessie van somer- en wintergeelbek. Sommige ouens beweer dit is een en dieselfde visse wat beide in die winter en somer aan die byt gaan. Tot sover was die “somergeelbek” maar aan die sku kant en behalwe vir sporadiese vangste, nie veel om oor huis toe te skryf nie. Kom ons hoop die wintergeelbek het ander planne. Die hotties (altyd welkom wanneer die ander visse hulle skaars hou) het ook die gewone patroon gevolg en is op die oomblik, soos dit hoort, lekker vet en redelik volop. Die koue water op die oomblik is die haakplek. Nege grade is te koud! Nogtans, indien jy weet waar om te soek, gaan jy hulle raakloop.
Die romanne en PW’s is heel jaar met ons, maar toon ook ‘n neiging om somtyds voorkeur aan ‘n sekere tyd te gee.
Snoek? Ons wag vir hulle en dit moet sommer gou gebeur. Aan die weskus word daar baljaar met hierdie vis en dis nou ons beurt.
Ongelukkig is hulle nie altyd in die beste toestand wanneer hulle hier uitslaan nie, maar wie gaan kla?
Hier by Mei/Junie kan ons ook begin uitsien na die groter silwervis en dis iets om oor opgewonde te raak.
Onthou net, as die weer en die water reg is en die vis is hier, kort dit nog die nodige kundigheid om suksesvol te wees.
Kry maar intussen die gereedskap reg.
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.