R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die bederfnaweek vir die dogters van Herberg Kinderhuis in Robertson, het die afgelope naweek in Gansbaai plaasgevind. Hulle het in Groeneweide Restaurant en Kwekery se gastehuis tuis gegaan.
Dit is ‘n jaarlikse projek wat deur Gansbaai NG-gemeente se Vrouediens gerëel word. Vanjaar se organiseerder was Babsie Greyling, bygestaan deur haar eggenoot, Kobus. Bykomende hulp gedurende die naweek is deur Marie de Kock, Floors en Marié Avenant, ‘n afgetrede predikantspaar, en die dogters se huismoeder, Bettie Thomas verleen. Vrywilligers vanuit die NG-gemeente het van die etes tuis voorberei.
‘n Ontspanne en genotvolle program is vir die dogters uitgewerk, wat onder ander die volgende insluit: geestelike versorging, handaktiwiteite, strandaktiwiteite, huiskerk, bywoning van die NGK se Erediens en veel meer pret en plesier en, natuurlik, heerlike etes.
Vanjaar se groep dogters, onder leiding van hul huismoeder, Bettie Thomas, was Amahle, Celeste, Elna, Ellouise, Jamasy, Janine, Keisiah, Lee-Ann, Lindi, Michelle, Nikita, Sonja en Tiffany.
Die naweek se aktiwiteite is afgesluit met die erediens in die Pretoriussaal deur dr Lisel Joubert. Tydens dié geleentheid het die dogters pragtige koorsang onder leiding van Floors en Marié Avenant gelewer. Daarna het roomys en ‘n smaaklike Sondagmiddagmaal op die dogters gewag, waarna hulle weer na Robertson teruggekeer het.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.