R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dis nog donker die oggend en wanneer die boot afgelaai is moet jy jou plig nakom om die voertuig met die sleepwa in ‘n parkeerarea te gaan parkeer. Wat ookal die rede, jy begaan ‘n oordeelsfout en met die parkeerslag beskadig jy die voertuig langs jou. Dit klink na net ‘n ligte skrapie.
Jy weet jy is skuldig maar jou skipper is haastig.
Wat nou? Wat is die logiese ding om te doen?
Heel eerste moet jy aanvaar dat dit nie daar sal eindig nie en dat dit jou plig is om die saak verder te voer. Dink aan die beskadigde voertuig se eienaar en hoe hý gaan voel! Kom ons kyk na die opsies. So vroeg in die oggend is die kanse skraal vir die nota-uitkoms, dis net nie beskikbaar nie. Indien die skade ernstig is (maak liewer seker hiervan) moet jy maar vergeet van see toe gaan en die polisie in die prentjie kry. Dis dan amptelik en die storie sal sy loop neem.
Met iets soos ‘n skraap het jy steeds verpligtinge, maar daar is ander opsies. Op elke sleepvoertuig moet daar ‘n kontaknommer wees.
So gou moontlik kan die eienaar dan gekontak en die situasie aan hom verduidelik word. ‘n Erkenning van skuld, die gepaardgaande verskoning en die gerusstelling van die skadeherstelling behoort genoegsaam te wees.
Indien daar om een of ander rede nie ‘n kontaknommer beskikbaar is nie, kan die persoon in beheer van die hawe wel later (so gou moontlik darem) in kennis gestel word van die gebeure wat plaasgevind het.
Ons neem aan dat hy nie so vroeg die oggend al aan diens is nie. Indien hy ook nie gekontak kan word nie, skakel dan iemand by die huis wat die nodige stappe kan neem.
Ons moet aanvaar dat niemand so iets met opset sal doen nie en dalk ‘n aanvaarbare rede kan meld waarom dit gebeur het. In so ‘n geval en wanneer die regte aksie gevolg is, behoort wedersydse respek te verseker dat daar ‘n oplossing gevind word.
Dit dan, volgens my, is die logiese stappe wat gedoen moet word.
Groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.