R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘Oom Daan’ het verlede week ‘n sake-onderneming in die dorp geskakel om ‘n kwotasie vir bouwerk op sy plaas te kom doen.
Michael Geldenhuys van Geldenhuys Bouers was op pad na die plaas, toe dieselfde ‘Oom Daan’ skakel en vra of Michael asseblief vir hom selfoontyd sal gaan koop, aangesien hy byna niks oor het nie. Hy sou hom terug betaal sodra hy op die plaas aankom.
Met woorde soos ‘ons Afrikaners help mekaar mos’ het hy Michael oortuig om dit te koop voordat laasgenoemde uit die dorp uitry. Kort daarna skakel ‘Oom Daan’ weer en sê Michael moet solank vir hom die nommers van die lugtyd gee, want dit het nou ‘n krisis geword op die plaas en hy moet dringend ander oproepe ook maak.
Michael het lont geruik en vir die ‘Oom Daan’ gesê dat hy al byna by die plaas se afdraai is en dit vir hom sal gee sodra hy daar aankom.
Die vriendelike ‘Oom Daan’ het skielik in ‘n baie sarkastiese ‘Daan’ verander, begin vloek en skel en gesê Michael moet maar sy selfoontyd geniet en die foon afgeskakel.
Daar was toe nooit eers so ‘n plaas soos wat ‘Oom Daan’ die roete verduidelik het nie.
‘n Paar dae later het Michael ‘n soortgelyke oproep ontvang, maar dié keer die persoon duidelik vertel waar Dawid die wortels gegrawe het.
Wees gewaarsku
Besigheidsmense moet hul ore spits wanneer hulle ‘n oproep ontvang van ‘n persoon wat wil hê dat hulle na ‘n plaas moet uitry om ‘n kwotasie te gaan doen en daarna versoek om selfoontyd saam te neem.
Martin van Staden van Omega Ondernemings het onlangs ‘n soortgelyke oproep ontvang van ‘n ene mnr Botha van Suiwelslaagte in die Napier-omgewing, wat ook kort na die oproep ‘die selfoontydguns’ gevra het.
Gansbaai Courant het navraag gedoen oor die foefie wat handelaars dwarsoor Suid-Afrika al duisende rande uit die sak gejaag het.
Volgens Kapt Danie Rautenbach van die plaaslike speurtak, word selfoontyd op die wyse gebuit. Hy sê in Suid-Afrika kan sulke booswigte opgespoor word weens die FICA-beleid, maar hierdie skelms sit menigmaal in ander lande, soos Somalië en Tsonga en gebruik verskeie SIM-kaarte waarop die selfoontyd wat die weldoener koop, dan gelaai word deur van die ‘roaming’ funksie gebruik te maak.
Kapt Rautenbach sê die SAPD kan slegs probeer om hierdie skelms vas te trek indien ‘n slagoffer ‘n saak by die polisie open.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.