Jong leerders geniet luukse skool

Jong leerders geniet luukse skool

Gansbaai Courant

Die nuutgeboude Masakhane Primary School is voorwaar ‘n lus vir die oog.

“Byna soos ‘n kampus,” het die waarnemende skoolhoof, Tommy Volkwyn tydens ‘n onderhoud gesê. Tommy is Gansbaai Primêr se skoolhoof wat, op versoek van die Departement van Onderwys, met ingang van 1 April vanjaar as waarnemende skoolhoof vir Masakhane Primary School optree. Masakhane leerders en opvoeders het gedurende April vanjaar na die nuwe skoolgeboue oorgetrek.

Ultra modern

Die ultra moderne skoolgebou is rondom bestaande melkhoutbome ontwerp en opgerig. Dit beskik oor ‘n  boorgat om die spesiaal ontwerpte tuine en sportgronde in stand te hou.

Die luukse badkamers en graad R-klasse vorm die middelpunt van die kompleks en is in die vorm van rondawels gebou - byna met ‘n etniese kraalinslag. Vyf netjiese en higiëniese  spuitfonteintjies vir drinkwater is aangebring om die leerders se dors te les.

Enkele ander uitstaande kenmerke is: ‘n administrasiegebou met 5 kantore; luukse kombuis; volledige toegeruste mediasentrum; rekenaarlokaal waar leerders met tablette werk; 2 groot klaskamers wat met afskortingspanele in ‘n minisaal omskep kan word; 2 praktiese lokale vir kuns en tegnologie; ‘n enorme skoolsaal met sitplek vir 800 tot 1 000 sittendes.

Amptelike opening

Die amptelike opening en inwyding van Masakhane Primary School, waarby die minister van onderwys en ander hooggeplaasdes betrokke sal wees, word vir September vanjaar beplan.

Personeelkorps

Die totale personeelkorps bestaan uit die skoolhoof en adjunkhoof, met 21 opvoeders, waarby 3 departementshoofde ingesluit is. Twee administratiewe poste is ook gevul, asook 3 algemene assistentposte.

Leerlinggetalle

Die totale aantal leerders vir grade R tot 7, is 790 en is soos volg verdeel: graad R (90), graad 1 (111), graad 2 (111), graad 3 (120), graad 4 (104), graad 5 (91), graad 6 (100) en graad 7 (63).

Geskiedenis

Die oorspronklike Masakhane Primary School is amptelik in Januarie 2007 geopen.

Daar was 166 leerders vanaf graad 1 tot graad 4, met 4 opvoeders en 2 nie-opvoeders, sonder ‘n skoolhoof. Me George het as skoolhoof waargeneem.

Sedert 2008 is mnr Msebenzi as skoolhoof aangestel, met 369 leerders en die skool wat met bykomende grade 5, 6 en 7 opgradeer is. Die personeelkorps was 11 opvoeders, waarby 1 departementshoof ingesluit was.

Vanaf Januarie 2009 is die skool weer opgegradeer en het die leerdertal op 554 gestaan.

Ou skoolgebou en terrein

Die oorspronklike skool is op munisipale grond gebou en is steeds die eiendom van Gansbaai Munisipaliteit.

Ná die ingebruikneming van die nuwe kompleks, is 12 van die ou strukture ter waarde van sowat R2m deur die Departement van Openbare Werke aan Gansbaai Munisipaliteit geskenk en okkupasie daarvan is einde Maart vanjaar geneem.

‘n Komitee is saamgestel om oor die toekomstige benutting van die terrein en geboue te besluit.

Vroeë kinderontwikkeling

Met die Suid-Afrikaanse statistiekgetalle van 2011, is ‘n behoefte aan voorskoolse kleuters van sowat 700 in Masakhane raakgesien.

“Hierdie verskuiwing van Masakhane Primary School na die nuwe geboue, kom inderwaarheid net betyds,” het mnr Kat Myburgh, areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gesê.

“Hierdie veranderde omstandighede skep nou ruimte om ‘n  Vroeë Kinderontwikkelingsprojek  op die been te bring.

Die beplanning is om voorsiening te maak vir voorskoolse klasse wat sowat 400 kleuters sal kan huisves.

Masakhane Primary School kan opreg trots wees op hulle moderne, nuwe opvoedkundige sentrum.

Jong leerders geniet luukse skool

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant