Wally en Etienne wen

Wally en Etienne wen

Gansbaai Courant

Wally van Coller en Etienne Engelbrecht spog met ‘n oorwinning in die 2-Bal Enkel Stableford gholfkompetisie wat Saterdag, 20 Mei plaasgevind het, met 46 punte.

Wally was ook naaste aan die penne op no’s 2 en 11, asook op no 15. 

Johan Coetzee het Woensdag se Sloegterskompetisie gewen met 43 punte (bruto 78), gevolg deur Wally van Coller 39, Andre Roos 38, Etienne Engelbrecht 35, Pierre Pieters 35, Solly Wessels 35, Bev Swart 34, Sextus Neethling 34, Fanus Walters 32 en Daan Victor 31. 

Naaste aan penne was Andre Roos op no’s 2 en 11 en Heindrich Kock op no’s 8 en 17.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Heindrich Koch met 21 punte, gevolg deur Wally van Coller 21, Daan Victor 18, George Hunt 18, Johannes van der Walt 18, Andre Roos 16 en Gina Esterhuizen 15.

Andre Roos teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.

‘n 2-Bal Samespel Stable-ford is Saterdag aangebied en die wenners was Wally van Coller en Etienne Engelbrecht met 46 punte, gevolg deur Leon Lombaard en ET Engelbrecht 45, Jan le Roux en Leon Hattingh 45, Piet le Roux en Pieter Loubser 45, Neil Harrison en Dirk van Dyk 44, Sextus Neethling en Pieter Loubser 43, Johan Coetzee en Andre Roos 43, Daan Victor en George Hunt 43, Piet du Toit en Pierre Pieters 42, met Frannie van der Linde en Heindrich Kock 42. 

Naaste aan die penne was Wally van Coller op no’s 2 en 11, asook op no 15. Marietjie Fourie was naaste aan die pen op no’s 8 en 17.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Bonus Bogey.

Liga: Die Ligaspan speel in ‘n tuiswedstryd teen Swellendam.

Vrydag is dit weer ‘n lekker gesellige Steak ‘n Chips aand.

Die Rookkamer van die klub borg ‘n 2-Ball American Scramble op 24 Junie, wat gerus ondersteun kan word, aangesien die fondse vir die regmaak van die setperk-grassnyer benodig word.

Die fooie is R100 vir lede en R150 vir besoekers.

Johan Coetzee

082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Wally en Etienne wen

Johan Coetzee

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant