R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
SAFCOL van Grabouw het Black Leaves verlede Saterdag behoorlik die loef afgesteek deur met ‘n punteverskil van meer as 40 te wen.
Dit het diep wonde gelaat en daar word hard daaraan gelek. SAFCOL op hul tuisveld het behoorlik baljaar en die Baai van hul voete afgehardloop, soveel so, dat die punte wat die Baai begin aanteken het SAFCOL glad nie bekommerd gehad het nie.
Dit was duidelik met die lostrio van SAFCOL se oorheersing dat Black Leaves nie veel toegelaat is om rugby te speel nie. Na bykans 15 minute het SAFCOL eerste begin bloed ruik toe hulle No 8 deurbars en hul flank telke male ook so maak.
Toe SAFCOL alreeds in die eerste helfte hul bonuspunt drie druk, het dit begin nag raak vir die Baai. Dit is goed gekondisioneerde spanne in hierdie kompetisie en Black Leaves sal weier om te wil bes gee met die bekendheid daarvan dat hy sal opstaan en beter reken-skap van homself gee.
Daar is nie nou ander tyd as die tweede rondte om alles reg te maak nie. In die hele wedstryd teen SAFCOL het Black Leaves nooit die handdoek ingegooi nie en het self ook sprankelrugby gelewer.
Sameul Phetoe (Baca) het besluit om sy hart uit te speel en was dan ook benoem as Speler van die Span.
Die span se nederlaag het hulle geensins afgesit nie en hier veral het Enwill Hickley stewig vertoon somtyds in die middelveld en selfs Evon Visser het uitgestaan met goeie breekslae, maar SAFCOL het geen spasie gelaat vir afronding nie.
Om Botrivier hierdie naweek (3 Junie) te gaan aandurf sal die Baai uit die as uit moet opstaan en hulle afstof en regruk om weer te kan presteer vorentoe. Dit is wanneer die tweede rondte begin en “hoor hier” niemand kan nou bekostig om ‘n enkele wedstryd te verloor nie.
Operasie Regruk is volstoom aan die gang.
Sportgroete
So sê Bra ‘G’
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.