Vraagteken oor R43 se veiligheid

Vraagteken oor R43 se veiligheid

Gansbaai Courant

Sowat 8 mense wat die afgelope naweek in 2 afsonderlike motorongelukke op die R43 betrokke was, kon wonderbaarlik sonder ernstige beserings wegstap.

Drie motors was in 'n ongeluk by die Stanfords-baai/De Kelders afrit vanuit die R43 betrokke en twee motors by die Stanford/R43 kruising.

Stanfordsbaai / De Kelders afrit (R43)

Chaos het Vrydagaand, 26 Mei 2017 op die R43 by die Stanfordsbaai / De Kelders afrit geheers na ‘n botsing tussen 3 motors.

Die R43 tussen genoemde afrit en die volgende afrit na Perlemoenbaai, is direk na die ongeluk gesluit en motoriste moes ‘n ompad deur die woongebied neem. Drie ambulanse, brandweerwaens en nooddiens-, polisie- en verkeersvoertuie was op die toneel.

Twee motorongelukke mis grusame gevolge net-net

Omstanders het die volgende inligting verskaf, wat nie met die ter perse gaan van hierdie berig met Gansbaai SAPD bevestig kon word nie, aangesien verklarings steeds in-gewag word: 

Na bewering het ‘n wit Isuzu bakkie vanaf Stanford se kant in die rigting van Gansbaai op die R43 gery.

Die bestuurder het die voertuig se flikkerlig aangesit om aan te dui dat sy regs by die Stanfordsbaai / De Kelders afrit gaan indraai.

Terwyl sy spoed verminder het om te kan draai, het ‘n grys Toyota Corolla met twee insittendes van agter in haar motor vasgery.

Die bestuurder van die Toyota Corolla het vermoedelik nie die flikkerlig gesien nie.

Die bakkie is getref en het op ‘n nippertjie na ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n aankomende rooi Opel Corsa vrygespring.

Die Opel is teen die kant getref, met die gevolg dat dit gerol het.

Daar was vermoedelik 6  insittendes in die Opel-voertuig en volgens hoor-sê het ‘n kind uit die motor geval. Hierdie inligting kon egter nie teen druktyd bevestig word nie.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie en die saak word verder ondersoek. Kaptein Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se speurtak het gesê dat roekelose bestuur of drankmisbruik nie vermoed word nie, maar dat die ongeluk wel ondersoek sal word.

(Name van bestuurders en insittendes word weerhou tot verdere ondersoeke afgehandel is.)

Gevaarlike afdraai

‘n Omstander het ‘n opmerking gemaak dat daardie spesifieke afdraai nie ‘n afdraaibaan, soos by De Kelders en Perlemoenbaai het nie, en dat dit ‘n saak is wat dringend deur die owerhede opgevolg moet word.

‘n Kop-aan-kop botsing kon grusame gevolge vir die passasiers ingehou het.

Stanfordsbaai (R43)

Sondagmiddag, 28 Mei 2017 se motorongeluk op die R43 by die uitdraai na Stanford-dorp, kon eweneens grusaam geëindig het indien daar aankomende verkeer vanaf Gansbaai na Stanford was.

Tommie van Niekerk, wat Vrydagaand as Franskraal Rolbalklub se mansklubkampioen aangewys is, was Sondagmiddag van Hermanus af op pad terug na Gansbaai met sy Rockstar Jeep, wat hy onlangs ten volle gerestoureer het.

Tommie sê hy het die voertuig by die kruising gesien en ook dat die bestuurder stilhou en hy het aangery. Die volgende oomblik het die motor egter reg voor hom ingery.

"Gelukkig kon ek effens uitswaai, maar die geweld van die botsing het my Jeep bo-op haar voertuig laat beland, waarna dit in die diep sloot langs die R43 op sy sykant tot stilstand gekom het."

Die vrou, me MC Dayton van Somerset-Wes het na bewering gesê dat sy op pad was na Stanford en nie die omgewing ken nie.

Sy het stilgehou, maar die kruising as ‘n 4-rigting stop gesien en weer weggetrek. Ook in hierdie geval was daar geen ernstige beserings nie.

Die besige Stanford-kruising is ook ‘n baie gevaarlike punt op die R43. 

Die vraag is al geopper of ‘n vierrigtingstop dit nie veiliger sal maak vir motoriste nie.

Vraagteken oor R43 se veiligheid

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant