R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die volgende inligting is deur Gansbaai SAPD se mediabeampte, Adj-off Wynand Le Roux verskaf:
Kontaknommers
Dit het onder die aandag van Gansbaai SAPD gekom dat probleme ondervind word wanneer die plaaslike polisiekantoor geskakel word.
Enige probleme wat ondervind word, onder die aandag van die VISPOL Hoof gebring word. Die volgende kontaknommers is beskikbaar gestel:
Polisiestasie - 0283840201
Noodnommer vanaf landlyn - 10111
Noodnommer vanaf selfoon - 0283840774
Stasiebevelvoerder - LtKol Moshi - 0283840201
VISPOL Hoof - Kapt Africa - 0827786841
Speurtakhoof - Kapt Rautenbach
Speurtak direkte kantoornommer - 0283840196
Ondersteuningsdienste Hoof - Kapt Groenewald - 0283840201
Vuurwapen Afdeling - AdjOff Human - 0283840201
Bewysstukke en Kommunikasie - AdjOff Le Roux - 0283840201
Sektorbevelvoerder
Plase en Pearly Beach - AdjOff Roux - 0798941626
Sektorbevelvoerder
Gansbaai en Omgewing - Sers Basson - 0825221926
Verskaffing van vertroulike inligting
AdjOff Mostert - 0798941473
Winkeldiefstal
‘n Man het Woensdag, 24 Mei 2017 ‘n bekende winkelgroep in die dorp binne gegaan om klere te koop. Hy het aangedui dat hy met sy kredietkaart gaan betaal, wat hy nie gedoen het nie. Hy het met ‘n aggressiewe stemtoon gesê dat hy nie behoorlike diens ontvang nie, die klere gevat en weggehardloop.
Die eienaar het hom agterna gesit en om hulp geskree. Vinnige reaksie deur die sekuriteitsbeampte het daartoe gelei dat die man gearresteer is.
Die gesteelde goedere is teruggekry, maar die eienaar het ligte beserings opgedoen toe die verdagte haar teen die grond gegooi het.
Die verdagte, Dylin Loff (27) is van Blompark en het reeds in die Hermanushof verskyn.
Verdrinking
‘n Onbekende man se liggaam is Vrydag, 26 Mei 2017 om 08:00 by Romansbaai deur Aqunion Perlemoenplaas se personeellede gevind, waar dit uitgespoel het.
Die man was in volledige duikmondering geklee en het ‘n perlemoen-afsteker aan sy hand gehad, asook ‘n perlemoensak om sy lyf.
Die saak word ondersoek en enige persoon met inligting kan Gansbaai SAPD se speurtak by 028 384 0196 skakel.
Dagga is nog nie gewettig nie
Die gemeenskap word gewaarsku dat daar streng teen die besit van dagga en ander dwelmmiddels opgetree sal word.
Die wanpersepsie bestaan dat dagga gewettig is, wat nie korrek is nie.
Die wetgewing moet nog voor die parlement dien en die proses om dit goedgekeur te kry kan nog sowat 2+ jaar duur.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.