R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum se vele projekte, hoofsaaklik onder die jeug, het al legio geword.
Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug. Die dryfveer agter Ikamva is Yolande Sauls, wat ook een van die stigterslede is. Yolande is ook ‘n geordende pastoor in haar gemeente, Kingdom of God Ministry International (KOGMI).
Ikamva se bestuur vra nou weer die gemeenskap en sakelui se ondersteuning vir bepaalde projekte.
Projekte wat tans geloods word en waarvoor ondersteuning benodig word, is Dwelmvoorkoming, Tuisversorging (Home Based Care), Nasorgskool en Crèche (Early Child Development) (ECD). “Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap en besighede om by enige een van hierdie projekte in te skakel,” sê Yolande. “Ons vra dat u u harte sal oopmaak, veral by Vroeë Kinderontwikkeling waar die nood hoog is en dit staan almal vry om ook van hierdie dienste gebruik te maak.”
Ikamva bestaan reeds sowat 12 jaar en lewer effektiewe dienste in die onderskeie gemeenskappe. Hulle spog met professionele bestuurslede wat aan die stuur van sake staan.
Aanvanklik het Ikamva net in Blompark onder die jeug gewerk, maar mettertyd het hul fokus verskuif na die Groter Gansbaai, Beverley Hills, Masakhane, Pearly Beach, Stanford, Buffeljachts en Baardskeerdersbos.
Ikamva se hoofdoelwit troon soos ‘n ligstraal uit: die bemagtiging van die jeug en vroue, asook die bekamping van alle vorme van misdaad soos perlemoensmokkel, dwelm- en alkoholverslawing, tienerswangerskappe en ander misdade onder die jeug.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.