R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Verlede Saterdag se ontstuimige see, wat vroegoggend deur lede van die Birkenhead Boothengelklub aangedurf is, se tydjie op see is so teen 12:00 deur die wedstrydsekretaris, Jean Downing, kortgeknip: “Nee-wat manne, vergeet maar van die gewone lyne op en inweegtyd en kom terug, die see raak nou te rof!”
Ondanks die verkorte tyd, was die vangste nie te swak nie.
Net 3 van die 5 bote wat ingeskryf het, het ingeweeg. Die bemanning het 14 getel, waarvan 1 ‘n junior was. 4 spesies is ingeweeg, waarvan die belangrikste silwervis was. Die totale aantal vis was 56, met 'n totale massa van 43.85kg, wat ‘n gemiddeld van 3.13kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis (silwervis, 1.25kg), Bertus Prins; 2de swaarste vis (silwervis, 1.15kg), Hennie Groenewald (junior); swaarste sak (6.95kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (6.35kg), Jean Downing; swaarste bootgemiddeld (5.64kg), Relêks van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (5.16kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (4.75kg), Hennie Groenewald.
Hierdie kompetisie was die 7de boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Oupa (34.05kg) van Ben Uys, Relêks (21.86kg) van Jean Downing en Bella Me (16.28kg) van Bev Swart; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (40.80kg), Ben Uys (35.45kg) en Jean Downing (27.30kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (29.7kg) en JP Uys (17.0kg).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.