R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
“As jy jou dorp se eiendomspryse wil verhoog, sorg dat jou buurtwag funksioneer”, was die woorde van Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.
Dié organisasie het Saterdagoggend toerusting aan die Groter Gansbaai Buurtwag oorhandig om misdaadbekamping te vergemaklik.
Die byeenkoms is by die toerismesentrum gehou.
Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrandtak, kol Thys Nolte, SAPD Overstrand adjunkgroepsbevelvoerder, die oorhoofse voorsitter van die Groter Gansbaai Buurtwag, Mark Collings en verskeie lede en belangstellendes het die verrigtinge bygewoon. Brig Donovan Heilbron het later by die vergadering aangesluit, aangesien hy ook die opening van die Franskraal Buurtwag se beheerkamer bygewoon het, wat in dieselfde tydgleuf plaasgevind het.
Mnr van Dalen het gesê hy het lanklaas ‘n groep mense gesien wat so toegewyd is om hulle dorp veilig te hou.
Hy het die groep ingelig oor AfriForum se nasionale projek: Nehemia wat daarop gemik is dat inwoners van ‘n dorp hulself veilig hou. Hy het gesê die projek wyk effe af van die tradisionele buurtwagstelsel, deurdat dit rampbestuur insluit. Deur middel van die projek word vennootskappe gesluit met kenners op onder andere tegnologiese-, maatskaplike- en regsgebied om misdaadbekamping op ‘n meer gevorderde vlak te plaas.
Genl-maj Roland de Vries, bekend as die vader van doktrine-ontwikkeling vir mobiele oorlogvoering, is deur AfriForum uitgekontrakteer om dié projek te bedryf.
Mnr van Dalen het gesê dat ‘n ramp soos die in Knysna, as ‘n Tipe 1 Ramp geklassifiseer word wat gelykstaande is aan die 911-ramp van Amerika.
“Ons is met ons broek op ons knieë gevang met die Knysna-ramp”, het hy voorts gesê en heelwat uitgebrei oor rampe, rampbestuur, buurtwagte en kommunikasie.
28 digitale radios, glimbaadjies, motormagnete, kolligte, motordakligte en mediese sakke is Saterdag in Gansbaai oorhandig. Die digitale radios wat aan die Groter Gansbaai Buurtwag oorhandig is, was ‘n eerste in die land.
Tot 50 groepe kan landwyd tegelykertyd met hierdie tegnologies-gevorderde stelsel bereik word. Die opvangs is suiwer en die stelsel is verbruikersvriendelik. Geen herleisentrum is nodig nie.
Die radiostelsel, wat verbind is met ‘n sentrale beheerpunt, vergemaklik dit vir buurtwaglede om bv voertuigregistrasienommers dadelik na te gaan om eienaarskap te bepaal.
AfriForum het sy buurtwaglede onlangs in Gansbaai volledig opgelei oor buurtwagprosedures en regsaspekte. Hulle mikpunt is om gate te vul waar die Staat en wetstoepassers nie by kan uitkom nie.
AfriForum is ʼn nie-regerings organisasie, geregistreer as ʼn maatskappy sonder winsoogmerk, met die doel om burgerregte te beskerm. Die organisasie poog om gemeen-skappe te bemagtig om onafhanklik binne die riglyn en raamwerk van die wet beveiliging toe te pas.
Op sy beurt het brig Heilbron gesê dat ‘n inisiatief soos die buurtwagstelsel, die polisie geweldig baie help. Hy het gesê dat dit nie sin maak dat die polisie dieselfde strategie toepas as waarvoor daar beplan is na die laaste 2011 sensus-opname nie. Die polisiehulpmiddele het nie tred gehou met die bevolkingstoename en uitdagings in die Wes-Kaap nie.
Brig Heilbron, wat self patrolliediens doen tussen die verskillende buurtwaggroepe in Gansbaai, het grappenderwys gesê dat hy in sy 32 jaar as polisieman nog nooit so baie nagskof gewerk het, soos die afgelope tyd nie.
Hy is steeds verbaas oor hoe agterlosig mense is deur nie hulle eie besittings te beskerm nie. “Die gemeenskap moet eienaarskap neem.”
Hy het gevra dat hierdie vennootskap tussen die polisie en die gemeenskap opgebou en versterk word. Hy het ook die patrollielede bedank dat hulle hul kosbare tyd opoffer en ‘n beroep gedoen dat meer inwoners bydra tot die veilig-heid van hulle gemeenskap.
In hierdie stadium probeer hy die owerhede oortuig om reeds bestaande spesialiseenhede na die Overstrand te verskuif, veral met die oog op die bekamping van perlemoenstropery en dwelmmisbruik.
Inwoners en sakelui van die hele Gansbaai-gebied, asook vakansiehuiseienaars kan aansluit by AfriForum se buurtwagstelsel. Meer besonderhede kan verkry word van die Whatsapp-groep koördineerders.
Sluit aan by jou Whatsapp-groep
Gansbaai: Hugh-Daniel Grobler - 072 352 7776
Perlemoenbaai: Johan Pieterse - 082 876 7700
Add. nommer: Lawrence Badenhorst - 083 691 6504
Franskraal Buurtwag: Willem vd Merwe - 083 791 8497
Kleinbaai: Janine Taylor - 082 499 0222
De Kelders: Mark Collings - 074 465 1058
Pearly Beach: Johan du Toit - 072 627 9535
Pearly Beach Oord: Theuns Scholtz - 082 379 0462
Baardskeerdersbos Plaaswag: Japie Swart - 082 325 8530
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.