R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Franskraal Buurtwag se eie Beheerkamer is Saterdag, 24 Junie 2017 “in styl” in Franskraalstrand geopen.
Willem (voorsitter) en Melinda (tesourier) het die seremoniële lint gesamentlik geknip - “aangesien my vrou sedert Mei 2015 my geduldige regterhand was,” het Willem gesê.
John Galvin (visie-voorsitter) het as seremoniemeester opgetree en Aubrey Louwrens gevra om die verrigtinge met gebed te open. Daarna het Brigadier Donovan Heilbron (Groepsbevelvoerder: Overstrand), Lt.Kol Kholosa Moshi (Gansbaai SAPD Stasiebevelvoerder), Lucille Mangiagalli (voorsitter: Gemeenskapspolisiëringsforum), Philip Fourie (namens Franskraal inwoners) en Willem van der Merwe (voorsitter) elk 'n spreekbeurt ontvang.
Die bestuur het intussen daarin geslaag om die buurtwag amptelik as ‘n geakrediteerde Buurtwag by die Departement van Gemeenskapsveiligheid te registreer.
Paul Venter, voorsitter van Uilkraal Buurtwag in Uilenkraalsmond Vakansieoord, is spesiaal bedank vir sy deurlopende ondersteuning, advies en samewerking om van die Buurtwag ‘n sukses te maak.
Philip Fourie het in sy toespraak ‘n goeie samevatting vir sukses gegee:
Twee belangrike hooffaktore is suiwer doelstellings en dat die handelinge om dit na te streef opreg moet wees; In die loodsingsproses is skakeling met onder andere organisasies, verenigings en regeringskanale van kardinale belang, terwyl interne faktore soos “menslike politiekery” reg hanteer moet word.
“My raad vir die toekoms is: hou by die doelstellings, bly nederig, waak teen verkeerde persepsies en fokus op goeie bemarking.”
Toerusting
Franskraal Buurtwag begin hul beheerkamer met ‘n stewige basis van toerusting en benodigdhede.
Uit eie geledere het hulle onder andere kantoormeubels, kolligte en magneetborde aangekoop.
Die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid het onder andere glimbaadjies, flitse, fluitjies, 'n noodhulpkis en brandblusser en wit ligte vir die patrollievoertuie voorsien.
Borge, donateurs en skenkers het ook ‘n groot bydrae gelewer: hoë lugdraad by die beheerkantoor wat goeie opvangs bied, radiobasis, yskas, mikrogolf, waaier, TV en skottel met modem, alarmstelsel, radio’s met antennas op die patrollievoertuie en ‘n skootrekenaar.
Stigting
“Franskraal Buurtwag is reeds gedurende Mei 2015 deur Willem van der Merwe gestig, waarna hy as sameroeper opgetree het,” het John Galvin gesê.
“Hy het aanvanklik op sy eie onverpoos gewerk en bloed gesweet, met Melinda wat hom ondersteun het, maar hy het nooit ophou glo in die verwesentliking van sy droom nie.”
Gedurende November 2016, sowat 18 maande later se harde werk deur Willem en diegene wat hom bygestaan het, is die eerste Algemene Jaarvergadering gehou, waar Willem amptelik tot voorsitter verkies is.
Bestuurslede
Die volgende lede dien tans op die bestuur van Franskraal Buurtwag: Willem van der Merwe (voorsitter), John Galvin (visie-voorsitter), Annaleen Genade (sekretaresse), Melinda van der Merwe (tesourier), Elsa Lourens (lid) en Attie Barnard (lid).
Kontakbesonderhede
Franskraal Buurtwag se beheerkamer is op die hoek van Ross- en Loopstraat (waar die ou Franskraal Kafee was).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.