R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.” Dit was die woorde van Claudette Barnes van Baardskeerdersbos toe sy haar bankbesonderhede onlangs aan ‘n onbekende inbeller moes verskaf.
“Jammer, dit moet ‘n ‘scam’ wees en ek verskaf nie my bankbesonderhede aan vreemdes nie!”, het sy vasberade volgehou tydens die telefoonoproep wat sy ontvang het.
Claudette het al vergeet dat Jan Barnard van Bayview Meubels in Gansbaai haar gehelp het om vir ‘n Defy kompetisie te registreer nadat sy ‘n yskas/vrieskas-kombinasie daar gekoop het.
Die oproep was dus baie vreemd, maar na baie mooipratery en verduidelikings van die operateur se kant af, het sy besluit om ‘n nuwe bankrekening by Absa te open om sodoende haar persoonlike bankbesonderhede te beskerm “net ingeval iets nie reg is nie”.
So gesê, so gedaan. Claudette het die nodige vorms vir ‘n tweede rekening voltooi en haar nuwe rekeningnommer ontvang.
Sy is deur Absa meegedeel dat sy ‘n oproep te wagte kan wees sodra die rekening goedgekeur is om ‘n minimum van R50 daarin te deponeer. Dit is wat vereis word wanneer ‘n nuwe rekening by hulle geopen word.
Claudette het dadelik die rekeningnommer aan Defy deurgegee - steeds vas oortuig dat dit net ‘n slinkse storie is om haar bankbesonderhede te bekom.
Absa het haar later geskakel en meegedeel dat die rekening goedgekeur is en dat sy ‘n minimum van R50 moet inbetaal om die rekening te aktiveer.
Groot was haar verrassing toe sy met haar R50 by die bank kom en die teller haar meedeel dat die R50 inbetaling heeltemal onnodig is, aangesien daar reeds ‘n R10 000 betaling deur Defy gemaak is.
‘n Verdwaasde en baie opgewonde Claudette is toe deur Jan ingelig dat sy wel die wenner van Defy se kompetisie is.
Jan vertel dat Defy met ‘n promosieveldtog besig is waar geluktrekkings landwyd gedoen word wanneer ‘n Defy sy-aan-sy yskas/vrieskaskombinasie aangekoop word. Met die aankoop van die produk, het die koper slegs nodig om te registreer om vir die R10 000-trekking in aanmerking te kom.
Corrie Kotze, ‘n verteenwoordiger van Defy, het spesiaal na Gansbaai gereis om die tjek aan Claudette te oorhandig.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.