R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die brande en storms in die Suidkaap het verwoesting gesaai. Huise, plase, voertuie en infrastruktuur is verwoes. Die reën het nie gekom nie, die boere beleef die ergste droogte in menseheugenis in sekere gebiede. Mense en diere het hul lewens verloor. BAIE MENSE HET NIKS, BEHALWE HOOP dat iemand hulle sal help.
Dankbaar
Ons is dankbaar vir almal wat gegee en gehelp het, die wat steeds gee en help en die wat nog gaan gee en help. Hieronder is 'n paar gedagtes wat net met goeie bedoelings geplaas word. As iets of iemand uitgelaat is of iets dalk onsensitief mag klink - vergewe asb en probeer die positief sien.
Pad na herstel
Die pad na herstel gaan lank wees en ons moet probeer om te ondersteun. Soos wat die tyd aanloop gaan die soort hulp wat benodig word verander. Die onmiddellike behoeftes soos kos, klere en komberse word tans in 'n mate aangespreek. Die realiteit is dat kinders weer moet begin skool gaan en mense moet weer begin werk, opruiming moet begin en huise moet weer begin bou word. Wees asseblief op die uitkyk wat benodig word en kyk hoe jy kan help. Probeer ander mense mobiliseer om te help.
Wat word benodig?
Stap deur jou huis, garage, tuin en store. Maak die kinders se kaste en speelgoedkaste oop. Plaas jou dan in die skoene van mense wat vanoggend by sy/haar erf opdaag waar hul huis nog op 6 Junie 2017 gestaan het. Hulle het alles nodig wat jy in jou huis het. Dink dan aan dit wat ons vir hulle kan gee: beddens, mikrogolf, TV, speelgoed, stoof, stoele, tafels, stofsuiers, fietse, motors, wendyhuise, wasgoeddraad, potte en panne, waterpype, veevoer, medisyne, ens. Hulle kan nie dadelik begin bou nie, want daar is eers rommel en as wat verwyder moet word.
Hulle gaan dus verblyf nodig hê. Dalk 'n karavaan, tent of 'n air BnB. Dalk kan jy die huur betaal. Dalk jou strandhuis beskikbaar stel as 'n tydelike koshuis - as ek reg het, het een van die koshuise afgebrand.
Ja, maar hulle het mos versekering!
My opsomming is dat mense van "all walks of life" deur die brand geraak is. Party mag dalk die vermoë hê om vinnig te herstel, maar almal het verloor en versekeringsmaatskappye betaal net 'n gedeelte.
1. Die met strandhuise - die verlies is steeds massief, en hulp is nodig, maar dalk nie onmiddellik nie.
2. Die met woonhuise wat versekering en baie geld en beleggings het: hulle sal oor tyd kan herstel, maar hulle het steeds verliese gely en het ondersteuning nodig.
3. Die met woonhuise met versekering, maar leef elke maand van die hand na die mond: die versekering gaan nie alles betaal nie en daardie verskil moet gedek word.
4. Die met geen versekering - met of sonder beleggings: ons moenie nou oordeel en vra hoekom hulle nie versekering gehad het nie. Daar kan verskeie redes wees. Hulle gaan baie hulp nodig hê.
Hoe help ek?
Ek weet nie. Dalk het jy nie die middele om te help nie, maar dalk kan jy jou baas vra om die firma te oortuig om by sy wêreldwye takke geld en produkte in te samel. Wie weet dalk kom daar ‘n besending van China. Dalk is daar mense wat hul strandhuis se meubels sal gee of 'n motor. Dalk net hulp.
Dalk kan die personeel wat dit kan bekostig elke maand 'n bedraggie van hulle salaris laat aftrek.
Oortuig die bank om jou verband met 5% te vergroot sodat jy iets daarmee kan koop vir die mense in nood. Vragmotors wat leeg afry van die noorde kan voer oplaai en saambring vir die boere wat voor en na die brand geen weiding vir hul diere het nie.
Waar en wanneer
Daar is verskeie instansies en fondse beskikbaar waar jy kan gee. Hou die media (gedruk, soiaal) dop. Evalueer, ontleed en besluit waar jy wil gee. Dit gaan nog vir maande en selfs jare nodig wees.
Waak
Ons moet waak dat ons nie hierdie ramp hanteer soos 'n begrafnis nie. Dit gebeur so dikwels met begrafnisse dat nadat die graf toe gegooi is, die broodjies geëet is, die familie en begrafnisgangers weg is, die weduwee en/of weeskinders alleen agterbly in hul ellende en hartseer.
Bid
Moenie ophou bid nie.
‘Memories’
Nadat jy deur jou huis, tuin, garage, store en/of plaas gestap het kan jy 'n lys maak van goed wat vervang kan word. Hetsy met hulp van jou, die versekering, donateurs ens, maar die foto’s daar teen jou mure en in jou albums kan ons ongelukkig nie vervang nie. Ons bid en vertrou dat elkeen wat verliese gely het en steeds ly weer tyd sal kry om nuwe ‘memories’ bymekaar te maak. Kom Suid Afrika en die Wêreld - help dat ons Knysna en al die ander gebiede waar daar skade, droogte en tekorte is kan help om op te staan.
Fanus Truter
Voositter: Mosselbaai Besigheidskamer
(Verkort)
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.