R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Om die lewensmylpaal van 80 te bereik, is vir baie mense ‘n voorreg, maar om boonop steeds fiks en aktief in die gemeenskap te wees, is ‘n voorreg vir minder mense. Een van hierdie bevoorregte mense is Alec Kitley van De Kelders.
Alec is op 25 Junie 1937 in Caledon gebore, maar het in 1942 saam met sy ouers na Parow, Kaapstad verhuis. In 1955 sluit hy by die Lugmag Gimnasium aan en kwalifiseer homself in die Suid-Afrikaanse Lugmag as vliegtuigtegnikus. Hy verwerf die Nasionale Diploma: Tegnologie in 1966, met verskeie offisierskursusse gedurende sy loopbaan tot by die rang van volle Kolonel: Ingenieur Tegniese Dienste, met vliegtuie as sy spesialisgebied.
Onder andere het Alec ook diens gedoen in Angola, Mosambiek, Rhodesië en in die volle lengte van die gevaarlike Caprivi Streek tydens die destydse grensoorloë.
In September 1992 tree Alec af, ná bykans 40 Lugmagjare.
Alec was reeds as jongmens "sportmal", veral oor krieket, rugby, boog- en pistoolskiet. In 1972 verower hy 'n silwer medalje in die Lugmag Boogskut Kampioenskappe. Hy was ook lid van die Suid-Afrikaanse Spele in 1973 in Pretoria en in 1990 word hy tot president van die Suid-Afrikaanse Boogskut Assosiasie verkies. Alec het ook as bestuurder opgetree van die Suid-Afrikaanse Boogskutspanne na die Boogskut Wêreld Kampioenskappe in Indonesia, Kanada en Frankryk.
Gedurende 1985, sowat 32 jaar gelede, tree Alec met Glenda, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, op 14 Desember 1985 in Pretoria in die huwelik.
Na sy aftrede kom vestig die egpaar hulle in De Kelders. Hier betree die egpaar ‘n bedrywige gemeenskapslewe en van aftree-rustigheid was daar geen sprake nie.
Alec het oor vele jare heen diep spore in Gansbaai se gemeenskap getrap en op verskeie komitees gedien, waarvan die meerderheid as voorsitter: Fees van die Ganse, De Kelders Belastingbetalersvereniging, Munisipale Wykskomitees, Gansbaai Pistool- en Boogskietklub en meer.
Op 10 Februarie 1994 stig Alec Gansbaai Pistoolskietklub en dien tot op hede as voorsitter. Hy stig ook ‘n boogskietklub wat hy later jare aan Raymond Ferreira oorhandig om mee aan te gaan. Alec dien ook steeds op die De Kelders Belastingbetalersvereniging.
Ondanks enkele gesondheidsterugslae gedurende die afgelope jaar of twee, verkeer Alec tans in goeie gesondheid en is hy steeds aktief in die gemeenskap betrokke.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.