R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Glimlag Asjas (foto) nou oor sy ounooi se 91ste verjaardag of is dit eerder oor die moontlikheid van ‘n stukkie verjaardagkoek wat wag?
Betsie van der Merwe van De Kelders het die mooi ouderdom van 91 jaar op 14 Junie vanjaar bereik en ongeag rugprobleme en kleiner kwale van tyd tot tyd, verkeer sy in goeie gesondheid. Sy bestuur nog self haar bakkie en doen haar eie inkopies.
Betsie is op 14 Junie 1926 in Edenburg in die Vrystaat gebore. Sy het in Lusikisiki in die Transkei grootgeword en verhuis later na Stellenbosch.
Sy woon reeds die afgelope 26 jaar in Gansbaai en het 3 kinders, 7 kleinkinders en 1 agterkleinkind.
Betsie is ‘n getroue lid van Gansbaai Seniorklub en het veral voorheen byna nie een byeenkoms gemis nie.
Sy was ook ‘n stigterslid van die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai, sowat 24 jaar gelede op 3 Augustus 1993.
Tans is sy die oudste Bietoubos-klublid.
‘n Hoogtepunt vir Betsie gedurende haar 26 jaar hier, was haar eerste walvis-besigtigingsrit op die walvisboot, Dream Catcher van Wilfred Chivell, verlede jaar met haar 90ste verjaardag. “Dit was ‘n ervaring wat my altyd sal by bly, aangesien dit die eerste keer in my lewe op see was,” het sy gesê.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.