R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Niemand sal volledig hieraan kan voldoen nie, maar die hengelaar wat die grootste variëteit ase in sy besit het, sal vir seker die beste kans staan om op die dag die meeste vis te vang. Dis natuurlik ‘n onbegonne taak om selfs net daaraan te dink om so ‘n klomp aas te bekom, maar stel jou net voor jy kan jou hand op die volgende lê: verskeie soorte visase, krewels, wurms, wit- en swartmossel, rooiaas en sommer van die ander ook - te veel om op te noem. Ook kan die verskillende ase, soos byvoorbeeld rooiaas, op verskeie maniere voorberei word. Na dit van die rotse afgehaal is, of opgetel op die strand waar dit uitgespoel het of uitgeduik dan, soos met die wat lyk asof dit met modder besmet is (baie hengelaars reken dis juis die beste), kan dit op verskeie maniere voorberei word. Jy sal hopelik die volgende rooiaas in jou besit hê - vars, vrot of rypgemaak. Sodoende word jou versameling net meer.
Witmossel weer, kan ook vars gebruik word, of met sout en/of suiker behandel word en ook gedroog word of vars in die dop gebêre in die vrieskas.
Ek het eenkeer raad gekry om die vars mossel met warm water te behandel.
Ek het die goed ongelukkig half gaar gekook en moes dit weggooi. Het dit nooit weer daarna beproef nie! Ook die ander ase kan natuurlik op een of ander manier behandel word. Die idee is om ook oor te hou vir ‘n ander dag. Hou net in gedagte dat die beste aas soms nutteloos is. (Dis juis waarom ‘n verskeidenheid so nuttig is.)
Buiten die groot voordeel van die baie ase kom tegniek ook nog in die prentjie, en die regte hengelaar sal kan toor hiermee.
Wat somtyds lyk na omstandighede om liewer tuis te bly is dalk net wat die vis nodig het om te begin byt. Hengel het juis so ‘n groot aanhang omdat die rou beginner, sonder al hierdie baie ase en wyshede soms al die geluk het. Al wat hy blykbaar nodig gehad het was ‘n lyn, hoek en aas.
Ons het nog nie eens gepraat oor al die groot “lekkerkry” van hengel nie. Boot- en strandhengel het hul eie bekoring, alhoewel met laasgenoemde, vriende en familie die plesier kan meemaak. Met die boot is dit nie altyd moontlik nie.
Dis lekker, dis gesond en dis baie bevredigend. En dis vir jou! Baie groete, Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.