R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Hier volg ‘n uiteensetting van hoe dinge soos ‘n skipper, sy boot en die bemanning en wat ookal daarmee saamgaan, inmekaarsteek. Dis redelik breedvoerig en nogal moeilik om in slegs een artikel uiteen te sit. Kom ons probeer.
Daar is al oor die reëls vir ‘n bemanning uitgebrei, maar wanneer jy bogenoemde drie onderwerpe gesamentlik behandel, sal dit meer volledig en ook meer in perspektief wees. Voor ek wegval wil ek verduidelik dat dit meer resorteer onder “gentleman’s agreement”, aangesien ek weet van geen reëls wat amptelik bestaan nie. Uit eie ondervinding het ek die volgende waarnemings saamgestel en ek verwag ook dat daar baie meningsverskil sal wees, en dis reg so. Die ander punt wat ek vooraf moet uitwys is dat daar breë verskille bestaan, tussen nie net kommersiële en sport en ontspanningbote en hulle bemanning nie, maar ook die baie ander wat tyd op see deurbring. Kom ons hou voorlopig by sport en ontspanning - wanneer nodig sal ek wel verwys na die ander.
Ek wil dan graag by die skipper begin. Volgens my die belangrikste skakel, en ek sal verduidelik waarom ek so ‘n stelling maak.
Hy is die man wat, eerstens, in beheer is van die boot en die bemanning, ook sommer (ons praat van die ervare skipper), die boot waarmee see toe gegaan word, se voor- en nadele deeglik behoort te ken. Dis baie belangrik, want dit gaan hand aan hand met veiligheid. Hy sal kan getuig dat dit hopelik ‘n goeie seeboot is, en waarom. Sommige bote het karakter-eienskappe wat noodsaaklik is wanneer verskeie aspekte oorweeg word. Van die bote kom eers tot hulle reg wanneer ‘n swaar vrag vervoer word, ander weer hou nie van rowwe water nie of dis ‘n dubbelromp byvoorbeeld, wat weer ander eienskappe het. Die soort boot sal bepaal hoe dit op die water gebruik word en wat die veiligheidsaspekte is. Die skipper is die man hiervoor. Dis dus duidelik dat die boot ‘n belangrike komponent is.
Terug na die skipper. Almal sal kan getuig dat vertroue in dié man noodsaaklik is en in so ‘n geval is daar omtrent geen bekommernis indien probleme opduik nie - die skipper weet mos wat hy moet doen en hy sal jou veilig terug besorg. Almal het mos maar hul eie identiteit en gewoontes en nie die skipper of bemanning is vrygestel hiervan nie. Jy is op see en jy moet aanpas en die skipper moet sorg dat dinge vlot. Somtyds moet beslissings geneem word en baie maal sal daar saam besluit word oor wat gedoen moet word.
Die skipper is egter die een wat die finale besluit moet neem, veral in tye van nood en dis wanneer sy kundigheid behoort te tel. En daarvoor moet hy vertrou kan word.
Wanneer ons van die bemanning begin praat, is daar baie aspekte om in gedagte te hou. Gaandeweg vorm die skipper en sy bemanning ‘n eenheid en so kom vertroue en samewerking na vore. Indien dit nie gebeur nie, vlot dinge nie so lekker nie en moet daar van vooraf aan gewerk word. Die skipper en sy “crew” hét mekaar nodig!
Dit word nou tyd om na die kommersiële manne te verwys. Dit gaan oor geld en vergoeding, so vanself-sprekend is dinge so bietjie uiteenlopend. Wat wel ooreenstem in alle gevalle is dat die skipper steeds nommer een is en dat daar gesonde wisselwerking moet wees. Omdat finansies in die prentjie kom word daar somtyds anders opgetree en daar is ook ander oorwegings. Dit kan nogal baie verskil tussen die onderskeie skippers en die bemanning. ‘n Kommersiële boot benodig beslis ‘n vaste bemanning.
Kom ons kyk bietjie na omstandighede op ‘n boot. Daar is nie juis vaste reëls nie, maar wat is aanvaarbaar? Onthou net dat wanneer jy “sight” soek op ‘n boot, jy eerstens moet kyk na omstandighede.
Die boot se toestand is belangrik, ook wie die skipper is en kyk ook sommer na die ander bemanning. Omdat omstandighede op see verskillend van dié by die huis is, en dit in baie opsigte ‘n mate van ontspanning is, sal jou daaglikse handelinge ook verskil. Dis logies. Selfs op see moet jy probeer om met die ander manne saam te werk. Somtyds word daar oor baie eienaardige onderwerpe gesels en die gesegde “ons praat nie uit die boot uit nie”, kan waardevol wees! Hoe minder gereeld see toe gegaan word, hoe minder word van die “vaste crew”-beginsel gebruik gemaak. Dán is dit maar ‘n geval van waar bemanning van geleenthede gebruik maak of dit aangebied word. Indien daar wel so ‘n vaste kombinasie bestaan is dit tot voordeel van almal en word ‘n dag op see iets om na uit te sien.
Op enige boot word verwag dat jy die gedeelte om jou skoon hou en ‘n vinnige was so nou en dan sal deur die skipper waardeer word. Wees altyd bereid om te help. Aas? Sorg dat jy jou eie het, en genoeg daarvan. (op sommige bote, en veral kommersiële bote, kan ‘n ander reëling geld). Indien jy nie jou eie gereedskap het nie, en ons praat van hoeke, lyne, sinkers, rekgare, noem maar op, soek jy probleme.
As jy in staat is daartoe, wees bereid om met die anker te help. Dis ‘n belangriker taak as wat dit lyk, so maak seker jy’s ingelig oor wat jou te doen staan. Hier sal die skipper nou met jou saamwerk.
Hou in gedagte dat, op sommige bote, die gewigs-verplasing baie belangrik is en daar dalk ‘n rede is dat jy op ‘n sekere plek moet sit. Moet dus nie onnodig op ‘n ander plek plaasneem nie. Somtyds kan dit maar ‘n natterige of andersins ongemaklike storie tot gevolg hê.
Wanneer die dag einde se kant toe staan en daar word teruggekeer wal toe, vra waar jy kan help en onthou daar gaan nog boot skoongemaak word - dan eers kan jy selftevrede die aftog blaas.
Kom ons som so op: Om gelukkig op see te wees moet daar ‘n goeie verstandhouding en wedersydse respek wees tussen skipper en bemanning - en moet nie vergeet van die boot nie, dié moet altyd reg wees!
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.