Vermiste op see steeds soek

Vermiste op see steeds soek

Gansbaai Courant

‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wat Saterdagmiddag probeer het om telefonies kontak te maak aangaande sy bootenjin wat probleme gee, se selfoonbattery het pap geword voordat hy sy ligging kon aandui.

Die 39-jarige man is na bewering op 29 Julie 2017 met ‘n kleinerige boot see toe en het nie teruggekeer nie. Met die koerant se ter perse gaan is hy steeds nie gevind nie.

Jacob Johannes Jansen van Vuuren (39), gebore in Mosselbaai, het vermoedelik in die omgewing van Dangerpoint probleme opgedoen.

NCRI (National Sea Rescue Institute) van Hermanus het ‘n soektog na die vermiste man geloods, maar kon geen spoor van hom of sy boot vind nie. NCRI het die volgende dag, Sondag, weer met die soektog voortgegaan, maar was weer onsuksesvol.

SpSers Bergstedt van Gansbaai SAPD se Speurtak sê die ondersoek na die voorval duur voort. Die polisie probeer vasstel presies waar die boot gelanseer is. Enigiemand wat inligting aangaande die aangeleentheid kan verskaf, kan SpSers Bergstedt skakel by 028 384 0201.

Vermiste op see steeds soek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant