R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook kuratore van die Strandveld Museum in Franskraal, Jan en SD Fourie, het eintlik geen bekendstelling nodig nie.
Afsonderlik en gesamentlik het hulle al vele gepubliseerde (en bekroonde) werke die lig laat sien.
Gerrit Cloete van Franskraal, koerantjoernalis vir bykans 30 jaar, beskryf Jan en SD Fourie as meesters van die vertelkuns in keurige Afrikaans.
Gesamentlike werke
Die volgende gepubliseerde werke het gesamentlik, hetsy met Jan as medesamesteller of medeskrywer saam met SD, die lig gesien:
Duskant die Duine, Gansbaai Kerkgeskiedenis (1994), Laer-skool Gedenkblad 1906 -2006 (2006), Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense (2016), Kare Nawa, Namibië (2008), Kers-klokkies oor Branderbaai (2010) en Hans Blits se Snoek en patats en ander Napierstories (2017).
SD Fourie
Radiodramas en hoorbeelde is SD se geliefkoosde genre waarvoor sy al verskeie pryse ontvang het.
Sy was ook dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies.
Van SD se bekroonde dramas in die RSG/Sanlam Radiokompetisies is: 3de prys vir “Roep van die Potjieriet” (2004), 1ste prys vir “Droomskip”(2008) as mede-skrywer en titeldraer, 3de prys vir John Birkenhead (2012), asook ‘n hele paar onbekroonde dramas wat wel uitgesaai is.
Sy is ook ‘n ywerige skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns, reisverhale en andere in Rooi Rose en Huisgenoot (fiksie), Die Kultuurhistorikus, Buite Burger, Reis Burger, Overberg Venster en oor ‘n tydperk van 10 jaar het sy ook twee-weeklikse rubrieke vir Gansbaai Courant geskryf.
SD se plaasverhaal in Riana Scheepers se Die Melkweg het ‘n ster laat val en ‘n kortverhaal, Luitjie se vloek, is in Abraham de Vries se Kontreistories opgeneem.
Dan is daar ook ‘n paar verse in Die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, opgeneem.
Die wenverhaal van Reisnet en Litnet vir Wegbreek, Somer op Skipskop, is vanjaar in Kleure van die liefde in Rooi Rose gepubliseer - ‘n bundel met 25 van die beste stories tot nog toe oor ‘n tydperk van 75 jaar. Die bundel is deur Corlia Fourie saamgestel.
Haar twee romans, Die lantern-swaaier (2011) en Die dooies leef (2014) het ook groot welslae behaal, met eersgenoemde wat in Nederlands na De Lantaarn-zwaaier vertaal is en in Nederland gepubliseer is.
Jan (Pyp) Fourie
Jan Pyp, soos alom bekendstaan, is in vele opsigte SD se regterhand as mede-kurator in Strandveld Museum, asook met navorsingswerk, medeskrywer en medesamesteller van gepubliseerde werke.
Op sy eie het Jan die volgende publikasies die lig laat sien: Wisselstrale oor die Strandveld (1994), Dagbreek oor Dyers-eiland (1997), Strandveldse gisterdinge (2001), Dawn at Dyer (2002) en Vlugroep van die Tawiep (2014).
Jan en SD Fourie, voorwaar twee Strandvelders op wie Gansbaai trots kan wees.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.