R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Hans (Blits) Swart se ongepubliseerde manuskrip, Snoek en patats, is deur Jan en SD Fourie van Franskraal, kuratore van die Strandveld Museum in Franskraal, onder oë gekry en net daar het hulle ingewortelde skrywers-instink die oorhand gekry.
“Die manuskrip dateer uit ‘n vergange era van Napier en omgewing en het veral Jan, ‘n boorling van Napier, se hartsnare geraak,” vertel SD. “Hans se dogter, Barbara Swart van Hermanus, het in 2015 ‘n huisorreltjie aan die Strandveld Museum geskenk en terwyl ons oor die oorsprong van die orreltjie gesels het, vertel sy toe van haar pa, Hans Blits Swart se ongepubliseerde manuskrip en gee dit vir ons om te lees.”
Die Fourie egpaar het daar en dan besluit diè kosbare kultuurjuweeltjie moet eenvoudig gepubliseer word. Hans se kinders, Barbara, Tana, Mariana en Hans het die manuskrip goedgunstiglik beskikbaar gestel, maar die inligting op sy eie was te min om in boekvorm te verwerk.
SD vertel dat hulle van haar en Jan se eie werke met betrekking tot Napier en omgewing as toevoeging gebruik het, vandaar die naam Hans Blits se Snoek en patats en ander Napierstories.
So het Jan en SD Fourie se soveelste gesamentlike boek die lig gesien.
SD verwoord Jan se liefde vir Napier op kosbare wyse in haar Voorwoord:
“Napier is Jan se hinterland – deel van sy onverganklike kleintyd-herinneringe. Sy komvandaan plek.”
Koerantjoernalis, Gerrit Cloete van Franskraal, beskryf Jan en SD as meesters van die vertelkuns in keurige Afrikaans in sy commendatio op die boek se agterblad. “Hans (Blits) Swart se jeugherinneringe vertel ‘n kleurryke storie van plase met singende name soos Bloubokkiesfontein en karakters soos Jan Oukop en Koos Dwerg, asook oor kattekwaad en ou gebruike en rituele, wat alles aangevul word met die twee getoë Strandvelders, Jan en SD Fourie se bydraes wat die boek saamgestel het.”
Hans Blits is in 1918 gebore en sou dus volgende jaar 100 jaar oud wees.
Die bynaam Blits is aan hom toegedig omdat hy ‘n blitsige rugbyspeler was.
Om die soort inligting wat hy sorgvuldig neergepen het en deur Jan en SD in 13 kleurryke hoofstukke verwerk is, weer te lees, is ‘n genoeglike ervaring.
Op bladsy 23 word spoggerig na Napier verwys as diè dorp in die omgewing, met selfs ‘n eie “Shopping Mall”!
Die naam, A. Newmark Ltd. Direct Importers, was in groot sierletters in kleur op die dubbelverdiepinggebou in die hoofstraat geskilder. Standard Bank en die poskantoor was ook daar gehuisves en die Newmarks het reeds in 1904 ‘n spoeltoilet gehad.
Die boek is by die Strandveld Museum teen R100 per eksemplaar beskikbaar.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.