Sharkies stoot bors uit by 1ste Interskole

Sharkies stoot bors uit by 1ste Interskole

Gansbaai Courant

Die leerders van Hoërskool Eben Dönges het vol moed en baie paraat vir Gansbaai Academia se eerste Interskole Sportdag opgedaag wat  Saterdag, 12 Augustus 2017 aangebied is.

Die Sharkies se ‘maroen bloed’ het egter sterk deur hulle are gepomp en Gansbaai Academia het ‘n gemaklike oorwinning verseker.

Van die 12 onderskeie wedstryde van die dag, het die Sharkies slegs 3 verloor.

“Die goeie gees wat tussen die spanne geheers het was prysenswaardig,” het mnr Wilfred Taylor (Skoolhoof van Eben Dönges) gesê. “Let us play with the sole purpose to build bridges. That is why we are proud to be associated with Gansbaai Academia!”

 Die Sharkies se o/15 rugbyspan, wat hulself verreweg  as die beste span hierdie jaar bewys het, het skoonskip gemaak met ‘n telling van 52-0. Die puik afrigtingswerk van Bjorn Zeeman kon duidelik gesien word.

Die o/16 rugbyspan van Garren Verhoog het ook uitgeblink met ‘n wentelling van 19-0.

Die netbalspelers het ook hùl merk duidelik afgedruk, met die o/19 span wat 26-6 gewen het. Ruwayda Phillips het uitgedraf as kaptein en Chery Potberg as afrigter.

Byna onbeheersde opgewondenheid het langs die rugbyveld geheers toe die optog met die o/19 rugbyspanne naderkom.

Voor in die optog was die sjampanjenooi, Anelisa Xhego en haar begeleier, Ralph-Vino Richter. Agter hulle het die twee skoolhoofde, mnr Tommy Wilson (Gansbaai Academia) en mnr Wilfred Taylor (Eben Dönges) gestap, met die twee skole se helde van die dag agter hulle.

Dit was ‘n titaniese stryd en die eerste helfte het baie gelykop verloop. Na rustyd se spanpraatjie deur hul afrigter, Wynand Bezuidenhout en hulle kaptein, Eacwinn Rossouw, het die Sharkies die krane voluit oopgedraai.

Die somtyds geniepsige spel is gelukkig oorskadu met goeie afrondingswerk deur die Sharkies. Sterk voorspelerspel deur Nardie Groenewald en leierskap deur Eacwinn Rossouw. Die Sharkies behaal ‘n oortuigende oorwinning van 43-0.

“Gansbaai Academia het duidelik van hulle laat  hoor dat sport, kultuur en akademie die pilare is waarop die skool gefundeer is,” het mnr Wilson gesê.

Finale uitslae

Rugby: o/15 wen 52-0; o/16 wen 19-0; o/19 wen 43-0.

Netbal: o/14 verloor 18-9; o/15 wen 23-8; o/16 wen 26-15; o/17 wen 18-2; o/19 wen 26-6.

Hokkie: dogters verloor 1-0; seuns wen 2-1.

Skaak: verloor 2-1.

Landloop: wen 3-0.

Dankbaarheid

“Dankie eerstens aan ons Sharkies wat so pragtig presteer het. Ons is baie trots op julle!” het mnr Wilson gesê. “Dankie ook aan die gemeenskap en sakelui vir die getroue ondersteuning.”

Sharkies stoot bors uit by 1ste Interskole

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant